Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Agra bied weer kursusse aan

Agra ProVision bied die volgende kursusse aan:

· ‘n Lek- en voerkursus vandag en môre op Mariental. Verskeie aspekte soos minerale, proteïene en ander bestanddele van lek word bespreek.

· ‘n Plaasbestuurskursus vanaf 17 – 20 Junie in Windhoek. Plaasfinansies en besigheidsplanne sal onder bespreek word.

Die kursusse duur vanaf 08:00 – 16:30 daagliks. Die lek- en voerkursus kos N$2 000 per persoon en die plaasbestuurskursus N$3 000 per persoon. Belangstellendes kan Agra ProVision by 061 290 9208 en [email protected] kontak.

Keetmanshoop SLU vergader

Die Keetmanshoop Streekslandbou-unie hou Donderdag om 09:00 ‘n algemene vergadering by die Central Lodge op die dorp. Kontak Ernst Blaauw by [email protected] of Amelia van Rooyen by 063 280 677 en [email protected].

Agri Mega-dag by Kalkfeld aangebied

Kalkfeld BV hou sy 2019 Agri Mega-dag op 20 Junie om 07:30 op die familie Kahl se plaas Klein Otjikango-Oos teen die M63 Outjo-pad. Om 12:00 word 'n wildsveiling gehou en daar is ook demonstrasies van verskillende masjiene. Skakel 081 389 8552 of stuur 'n e-pos na [email protected] om aan te meld.

Meatco se jaarvergadering om die draai

Kragtens artikel 14 (8) van die Meatco-wet, Wet No. 1 van 2001, word kennis gegee aan alle geregistreerde lede van Meatco dat die 33ste algemene jaarvergadering op Vrydag 21 Junie om 09:00 by die Wanderers Sportklub in Windhoek gehou word. Kontak Meatco by 061 321 6400 vir meer inligting.

Verbeter jou kennis oor ­weiding

Grootfontein BV bied op 22 Junie 'n inligtingsdag oor droogte-aangepaste weiding aan wat om 08:00 afskop.

Dit word aangebied op die plaas Venus van Klaas Malan. Om 10:30 sal 'n ontbossingdemonstrasie op Plaas Ossa plaasvind waarna middagete in die BV-saal bedien word. Die sprekers is dr. Cornelis van der Waal, Colin Lindeque, Peter Zensi en Dawie Kok. Die dag word met 'n braai afgesluit. Registrasie beloop N$100, waarby alle etes ingesluit is. Meld aan by Madelein by 081 242 5456, of Beulah by 081 233 8114.

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer