Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Agra ProVision bied dié kursusse aan:

Lewendehaweproduksie: 2 - 3 November

Toegepaste dieregesondheid (Sessie 2): 3 - 4 November

Beesteelt vir beginners: 5 - 6 November.

Kursusse word in Windhoek aangebied. Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].

NLU en LPO besoek streeklandbou-unies

In die afwesigheid van die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se jaarkongresse, het die bestuur van die NLU en LPO landswyd met besoeke aan sy tien streeklandbou-unies begin. Op 2 November hervat die besoeke op Grootfontein, daarna Otjiwarongo en Outjo, Okahandja en laastens in Windhoek. Verlede week het vergaderings op Keetmanshoop, Mariental en Gobabis plaasgevind.

Kalkveld BV

Die Kalkveld Boerevereniging se ledevergadering vind op 10 November om 08:30 op die plaas Onduasu (op die D2493-pad) van Ute & Kurt Kretzschmar plaas. Die gassprekers is Stuart Jacobs en Helmut von Seydlitz. Laat weet asseblief voor 2 November vir Ute Kretzschmar op 081 2931707 of [email protected] indien jy die vergadering gaan bywoon. Vir verdere besonderhede, kontak Silke von Gossler by 067 290119 of [email protected].

Leer oor Damaraskape

Die Damaraskaap Telersgenootskap bied ’n juniorkursus op 18 en 19 November by die Omatjenne-navorsingstasie aan. Dit kos N$450 per persoon en registrasie vind by die telersgenootskap - voor of op 13 November – plaas. Vir verdere besonderhede, kontak Linda Sterkenburg by [email protected] of 061 252 994.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!