Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Groot wildsveiling dié naweek by Kalkfeld

Super Game en Okosongoro se jaarlikse Boma-wildveiling vind plaas op 12 Junie 2021 om 11:00 op die Plaas Okosongoro naby Kalkfeld.

Hierdie jaar word die gasverkopers, dr. Werner Rogl en Klawerberg Stud Game Breeders, verwelkom wat uitsonderlike Namibiese genetika bied. Die staatmakers Dirk de Bod van Dirk de Bod Safaris en Peter Clausen van Okosongoro Safari Ranch se wild sal oudergewoonte aan die bod kom.

Die veiling word ook aanlyn aangebied in samewerking met Meerkat Online – registreer nou by www.meerkatonline.co.za. Kontak Martinique Scott by [email protected] of 081 802 7672.

Maltahöhe se boere hou vergadering

Maltahöhe Boerevereniging hou sy ledevergadering op 16 Junie op die plaas Urusis van Sonita en Ernst Erni. Johan Cornelissen sal lede wys waarna hulle moet kyk wanneer ? karkas geslag word. Meld aan by [email protected] of by [email protected].

Kom skerp jou vleisproduksie kennis op

'n Vleisdag vind op 19 Junie in die Grootfontein Boereverenigingsaal plaas en die afskoptyd is 09:00.

Interessante lesings sal aangebied word. Dr. Jens Kähler deel sy kundigheid oor die voorkoming, identifisering en behandeling van skaap- en beessiektes tydens hoë reënvaljare in die GTO-streek. Mecki Schneider sal terugvoering gee oor 'n alter­natiewe vleisverwerkingsaanleg. Helmut Halenke maak voorstelle vir finansiële oorlewing en Colin Nott kom deel sy kennis oor herlewing- en bewaringsboerdery. Die koste vir die dag beloop N$100.

Meld aan by Willem Enslin, 081 230 5078, of Madelein by 081 242 5456.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!