Dagboek vir die landbouer
Summerdown-boerevereniging hou vergadering
Summerdown-boerevereniging hou 'n ledevergadering op 11 Februarie om 15:00 in die boereverenigingsaal. Die gasspreker is mnr. Michael Degé van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA), wat oor die toekoms van nie-FSC-houtskool gesels. Vir meer besonderhede, kontak me. Rienie du Plessis by 062 561 621 of [email protected].
AgriCulture Alive HOU
INLIGTINGSESSIE
Agriculture Alive bied op 13 Februarie om 18:00 'n inligtingsessie oor die versterking van die boerderyfondasie aan. Die aanbieders is Gunther Roeber en Wiebke Volkmann. Dit word by Jeppestraat 2 in die noordelike nywerheidsgebied agter Wecke & Voigts Wholesale aangebied. Geen registrasiefooi word gevra nie, maar wel skenkings. Vir meer besonderhede, kontak Wiebke Volkmann by 081 127 0081.
Stampriet hou vergadering
Stampriet-boerevereniging hou hul eerste ledevergadering op 14 Februarie om 15:00 in die Stampriet-boereverenigingsaal. Die aand word 'n fondsinsamelingsdans en -ete gehou. Dit kos N$150 per persoon en kaartjies is by Kaap Agri op Stampriet of by Hennie Theron Sentra beskikbaar. Plek kan ook by Jaco Kotze by 081 442 2122 of [email protected] bespreek word.
Skoolfondskompetisie
Privaatskool Excelsior op Aroab bied 'n kompetisie aan om ouers, wat weens die afgelope droogte swaarkry, te help om skoolfonds te betaal. Kaartjies kos N$50 en groot pryse is op die spel: ses nagte by Gondwana, 'n Tikka-geweer ter waarde van N$39 750, asook jagpakkette wat beeste, koedoes, gemsbokke, springbokke en skape insluit. Vir meer besonderhede kontak Charlene Lombard by 081 401 2548 of stuur 'n e-pos aan [email protected].
Agra ProVision-kursusse
Agra ProVision bied die volgende kursusse in Windhoek aan: 'n Lek- en voerkursus van 18 tot 19 Februarie, 'n hidroponiese en akwaponiese kursus van 18 tot 19 Februarie, asook 'n kursus oor kommersiële varkproduksie van 25 tot 27 Februarie. Al die kursusse kos N$2 300 per persoon, buiten die kursus oor varkproduksie, wat N$2 750 per persoon kos. Kontak Agra Provision by 061 290 9208 of [email protected].
Opleidingskamp vir plaaswerkers
Dassies Farm Workers Training bied 'n eerste in sy soort opleidingskamp vir plaaswerkers aan, waartydens praktiese en teoretiese opleiding aangebied sal word in dosering, die tel van diere, draadspan en tuinbou. Maatskaplike kwessies soos gesondheid en veiligheid, higiëne, geslagsgeweld, kommunikasie, die belangrikheid van 'n plaaswerker en alkohol- en dwelmmisbruik sal ook bespreek word. Die opleiding begin op 3 April op die plaas Dassiesfontein, 30 km buite Mariental. Inskrywings sluit op 28 Februarie en kos N$2 500. Vir inskrywingsvorms of meer inligting, kontak die organiseerders by [email protected], 081 637 7711 of 081 294 2113.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie