Dagboek vir die landbouer
Maltahöhe se boere hou vergadering
Maltahöhe Boerevereniging hou sy ledevergadering môre op die plaas Urusis van Sonita en Ernst Erni. Johan Cornelissen sal lede wys waarna hulle moet kyk wanneer 'n karkas geslag word. Meld aan by [email protected] of by [email protected].
Kom skerp jou vleisproduksie kennis op
'n Vleisdag vind op 19 Junie in die Grootfontein
Boereverenigingsaal plaas en die afskoptyd is 09:00.
Interessante lesings sal aangebied word. Dr. Jens Kähler deel sy kundigheid oor die voorkoming, identifisering en behandeling van skaap- en beessiektes tydens hoë reënvaljare in die GTO-streek. Mecki Schneider sal terugvoering gee oor 'n alternatiewe vleisverwerkingsaanleg. Helmut Halenke maak voorstelle vir finansiële oorlewing en Colin Nott kom deel sy kennis oor herlewing- en bewaringsboerdery. Die koste vir die dag beloop N$100.
Meld aan by Willem Enslin, 081 230 5078, of Madelein by 081 242 5456.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie