Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Miniskou op Grootfontein

'n Inligtingsdag en miniskou vind vandag op Grootfontein plaas. Die GTO-streeklandbou-unie is die gasheer. In 'n geskiedkundige eerste word die fossiele wat in die streek voorkom, bespreek. Aktuele sake soos die veeartsenykordonheining, Vleisraad-heffings, Meatco, omgewingsklaringsertifikate en verbeterde kommunikasietegnologie word ook deur kundiges onder die loep geneem. Allerlei stalletjies kan besigtig word. Gaan maak 'n draai as jy in dié omgewing is.

Hochfelders hou vergadering

Die Hochfeld Boerevereniging hou môre 'n ledevergadering, gevolg deur 'n “Cattle, Game & Corn Day” met wenke oor droëland-mielieverbouing en moderne tegnologie vir boerderye. Dit begin om 10:00 op die plaas Etemba van die Fietz-familie. Die sprekers is Paul Klein, dr. Martin Wucher en Ebbi Fischer.

Inligtingsdag oor optimale reproduksie

Vrydag word 'n inligtingsdag in die Stampriet Boereverenigingsaal a­angebied onder die tema: “Optimale reproduksie en groei vir maksimum wins”. Die program begin om 09:00 en verskeie interessante sprekers sal aan die woord wees. Dr. Louis du Pisanie se praatjie sal boere wys hoe om in harmonie met sy plaas te boer en maksimum wins te maak. Die ander sprekers sal oor reproduksie as die sleutel tot sukses gesels. Rumenwerking, kruipvoeding en alternatiewe groeibevorderaars, asook dieregesondheid is van die ander temas.

Die registrasiefooi beloop N$200. Kontak Izna Kotze by 081 695 2911 ([email protected]), of Maretha Burger by 063 242 142 ([email protected]).

Westelike Khomas se lede ook byeen

Die Westelike Khomas Boerevereniging hou op 26 Mei om 15:00 'n ledevergadering in die Harmonie-saal. Om aan te meld of 'n spreekbeurt te bekom, bel die organiseerders by 081 259 6108 of 081 125 0000.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!