Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Leer van pluimvee in Windhoek

Agra ProVision bied van vandag tot Donderdag ‘n pluimvee-opleidingskursus in Windhoek aan. Dit duur daagliks vanaf 08:00 – 16:30 en sake wat bespreek sal word is pluimveesoorte, hoe om eiers en kuikens te hanteer, voer en nog meer. Die koste beloop N$2 300 per person en verdere besonderhede kan verkry word van AgraProvision by 061 2909208 of [email protected].

AgriBraai is om die draai

Windhoek gaan die naweek dreun met die opwinding van die NLU AgriBraai wat Vrydag en Saterdag by die Hage Geingob-stadion aangebied. Vrydagaand tree Bok van Blerk en Robbie Wessels op en Sagterdag is Karlien van Jaarsveld, Die Broers en die Campbells aan die beurt. Kindervermaak word ook aangebied sowel as ‘n vleiswerkdemonstrasie, koekbakkompetisie en wildsveiling.

Saterdag gaan die verskillende braaispanne van die boereverenigings en die onderskeie sosiale spanne natuurlik wys wie is baas en wie klaas as dit by kosmaak kom. Vir meer inligting, kontak vir Corné Kruger, 081 129 3986 of [email protected].

Kom na Dordabis se boeredag

Dordabis-boerevereniging hou ‘n boeredag en herorganiseringsvergadering op 10 April om 08:00 op Elisenhöhe. Die sprekers is drs. Joggie Briedenhann en Julie Heusquin-Botha. Meld aan by Marc by 081 127 1279 of [email protected]. Vir meer inligting, kontak vir Christine Romeis by 061 231230 of [email protected].

Akkerbouers wys hul meester aan

Die Akkerbouprodusentevereniging (APV) se ledevergadering en die 2019 Meesterakkerbouerdag vind op 17 April by die Schützenverein (Skietklub) buite Tsumeb plaas. Die ledevergadering begin om 08:30 en die Meesterakkerbouerdag sal na middagete afskop.

Die tema is doeltreffende akkerboubestuur en waterverbruik, met die klem op mielieverbouing. Die sprekers is Jaun van Loggerenberg van GeoSpace, Erwin Schimper van Aqualand en asook Willem Smit van Netafim. Soos gebruiklik word die dag afgesluit met ‘n besigtiging van vanjaar se Meesterakkerbouer, Hansie van der Merwe, se plaas Ludwigshaven. Na afloop daarvan word ‘n gesellige braai- en kuieraand by die skietklub gehou.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!