Dagboek vir die landbouer
Westelike Khomas se lede vergader
Hierdie boerevereniging hou mêre om 15:00 ’n ledevergadering in die Harmonie BV-saal. Kontak vir Amanda Greeff by 081 259 6108, of [email protected].
Maltahöhers vergader ook
Maltahöhe BV vergader môre om 10:00 op die plaas Urusis van Ernst en Sonita Erni. Die Bergemanns en Erni’s boer al 120 jaar op Urusis en die soeklig sal daarop val. KaapAgri borg die dag. Kontak vir Ernst by [email protected] of bel 081 149 4963.
Varkprodusente bied inligtingsdag aan
Die Varkprodusentevereniging van Namibië nooi varkprodusente om die jaarvergadering en inligtingsessie môre om 08:00 in die raadsaal van die Namibiese Landbou-unie (NLU) in Windhoek by te woon. Alle produsente en belanghebbendes is welkom. Tydens die inligtingsessie (wat om 10:00 begin), sal sprekers aandag gee aan voedingswaarde, die bestuur van varkgesondheid en basiese varkhantering. Meld aan by Rina Hough by [email protected] of 061 237838. Besprekings is verpligtend, want sitplekke is beperk.
Agra ProVision bied verskeie kursusse aan
Die spesialisafdeling ProVision by Agra bied die volgende kursusse aan: Varkboerdery van 20 – 22 Augustus teen N$2 750 per persoon in Windhoek en Hidroponika en Akwaponika (N$2 300) van 27 – 28 Augustus, ook in Windhoek. Die kursusse duur daagliks van 08:00 – 16:30. Bel 061 2909802 of stuut ‘n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
Kom leer van voerproduksie
Eden Greenfields bied ’n kursus aan oor hoe om voer te verbou en jou eie stelsel te vestig met beskikbare en goedkoop materiaal. Die kursus is vir lewendehawe-, vark- en hoenderprodusente en die nodige toerusting, voorbereiding van die saad, hoe om eie strukture te maak ensovoorts, word bespreek.
Dit vind op 24 Augustus plaas en beloop N$1 500 per persoon waarby maaltye, notas en die sertifikaat ingesluit is. Kontak 085 694 0055, 081 836 6748, [email protected] of [email protected] vir meer inligting.
Leonardvillers kom byeen
Hierdie BV hou ‘n vergadering op 27 Augustus om 15:00 in die BV-saal. Hennie Gous en Axel Röder is die gas. Kontak vir Johannie Brenkmann by 081 122 4178 of [email protected] vir meer inligting.
Kalkfelders hou jaarvergadering
Hierdie BV hou sy jaarvergadering op 28 Augustus om 08:00 vir 08:30 op Plaas Immenhof van Annelien en Werner von Seydlitz. Meld aan by Annelien by 081 228 0155, of [email protected]. Vir meer inligting, kontak vir Silke von Gossler by 067 290119, of [email protected].
Grondboonboere kon byeen
Die Grondboonvereniging van Namibië hou op 29 Augustus ’n ledevergadering en ‘n inligtingsessie in Grootfontein. Die onderwerp is alternatiewe gewasse as veevoer. Kontak Dawie Kok by [email protected] of 081 261 6173.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie