Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Ope dag vir boere in Windhoek

Windhoek SLU bied vandag ‘n Agri Ope Dag aan wat om 08:00 by die Windhoek Skougronde begin. Die gasheer is Dordabis BV en gassprekers is die president van AgriSA, mnr. Johannes Möller en die president van die NLU, mnr. Ryno van der Merwe. Verskeie demonstrasies en inligtingsessies word aangebied. Dit kos N$100 per persoon, waarby die middagete ingesluit is. Vir verdere navrae, kontak vir Dawid Krause by 081 124 9415.

Leonardville se lede vergader

Leonardvillers word herinner aan die boerevernigingvergadering op 31 Augustus om 17:00 in die BV-saal. Kontak vir Johannie Brenkman: Tel 062 581108, [email protected].

Meatmasters hou jarvergadering

Die Meatmaster Telersgenootskap van Namibië hou sy jaarvergadering op 7 September om 16:00 in die Elnatan-skoolsaal. Vir verdere besonderhede, kontak vir Malinda Steyn by 063 269002, 081 333 2873 of [email protected].

Wilhelmstal-Okasise bespreek watersituasie

Die Wilhelstal-Okasise BV vergader op 7 September om 15:00 in die Wilhelmstal BV-saal. Die watersituasie in die Karibib- en Okahandja-omgewing, asook die groter Namibië, sal bespreek word. Kontak vir Maja von Reeken-Fug by 062 503949, [email protected].

Gamsberg BV bied rolbaldag aan

Die Gamsberg Boervereniging bied sy 10de informele rolbaldag op 8 September om 10:00 by die rolbalklub van die Windhoek Buitekluboord aan. Die kostes beloop N$1 000 vir ‘n span van 4 lede en sluit die ete tydens die aand se prysuitdeling in. Ander gaste is ook welkom teen N$150 per kop, waarby die ete ingesluit is. Vir verdere besonderhede en om aan te meld, kontak vir Rozanne van Rensburg by 081 141 9892 of [email protected].

Grondbone in die kollig

Die Grondbonevereniging van Namibië hou ‘n ledevergadering en inligtingsdag op 14 September in Summerdown. Die ledevergadering begin om 09:00 en die Inligtingsdag om 10:30. Die sprekers by die Inligtingsdag is dr. Fidelis NyambMwazi van Amta, Frans Uirab van die Weerkantoor, Louie van Zyl van Nulandis & Pioneer, Wessel Higgs van Trio Trade en Johan Steenkamp van Hochland Tractors. Kontak vir Jasper Blaauw by 081 215 8308, [email protected].

Skietkompetisie by Onder Nossob

Die Onder Nossob BV daag alle medeboereverenigings uit om deel te neem aan 'n inter-boerevereniging skietkompetisie wat plaasvind op 16 September by die BV-saal. Individue is ook welkom om deel te neem. Groot kontantpryse is op die spel. Vir meer inligting, bel vir Arno Serfontein, 081 577 5307, of Jako van Wyk,081 692 6164.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!