Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Hochfeld bied speenkalfkompetisie aan

Hochfeld BV se speenkalfkompetisie vind môre by die Hochfeld BV se krale plaas. Pakkies van tien verse of tollies tussen 220 kg en 280 kg kan ingeskryf word. Kontak vir Deon by 081 350 9222, Jaco by 081 262 4089 of Lizette by 081 129 1954.

Karasburg Winterskool vind dié week plaas

Die Verre Suide BV bied Donderdag die jaarlikse Karasburg Winterskool op Karasburg aan. Die program begin om 07:30 en sprekers is Ryno van der Merwe, Piet Gouws en Sakkie Coetzee van die NLU sowel as Mark Kerkhoff van Bank Windhoek en Joris Harteveld, Leon Lubbe en Bertus Kruger. In die namiddag gee Jean du Plessis ‘n demonstrasie van Meatmasters en Chris Theron van hommeltuie. Registrasie beloop N$200 per persoon waarby die ontbyt en middagete ingesluit is. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid stalletjies. Vir verdere besonderhede, kontak vir Kobus Steyn, 081 124 8860 of Willie de Klerk, 081 478 9290.

Plantkursus by Hochfeld aangebied

Hochfeld BV bied op 8 en 9 Augustus 'n plantkursus op dié dorp aan. Die kursus strek oor twee dae en sluit 'n praktiese asook teoretiese aanbieding in. Vir navrae, kontak vir Daleen Swanepoel by [email protected] of 062 549 101.

Houtskoolbedryf vergader by Otjiwa

Die jaarlikse konferensie, ekspo en ledevergadering van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) vind op Vrydag 11 Augustus by Otjiwa Lodge, Otjiwarongo, plaas. Prof. Joseph Diescho is die hoofspreker. Daar sal ook stalletjies wees met van die nuutste houtskoolverwante produkte. Alle lede, rolspelers en belangstellendes word hartlik uitgenooi om te registreer vir die konferensie wat om 08:00 begin en met 'n ete om 13:00 afsluit. Registrasiegeld beloop N$200 per persoon en sluit middagete in. Mense of instansies wat hul dienste en produkte bekend wil stel, kan uitstalruimte bespreek teen N$500 per stalletjie. Om te registreer, kan me. Roelien Coffee by die NCA-kantoor op Otjiwarongo gekontak word by 067 304 220 of [email protected].

Varkprodusente hou ledevergadering

Die Varkprodusente-vereniging se jaarlikse ledevergadering asook 'n inligtingsdag vind op 15 Augustus 2017 in Windhoek plaas. Belangstellendes kan me. Rina Hough by die NLU-kantoor by 061 237 838 of [email protected] kontak.

Alle paaie lei na Oesfees

Mnr. Gerhard Engelbrecht van die plaas Hoba in die Grootfontein-distrik is as 2017 se Oeskoning aangewys. Die kroning en jaarlikse Oesfees van die Grootfontein BV vind op 19 Augustus 2017 by die skouterrein plaas. Sprekers is Johan van den Berg met sy seisoenale weervoorspelling vir 2017-2018. Daar is ook 'n kookprogram deur Annelien Pienaar, 'n tuinbouprogram vir vroue en vermaak vir die kinders. Benewens die tradisionele kroning van Mej. Oesfees, word die aand afgesluit met 'n steakbraai, kontantkroeg, dans en orkes. Vir meer inligting, kontak die voorsitter van die Grootfontein BV, mnr. Willem Enslin, by [email protected].



Agri Opedag in Windhoek gehou

Windhoek SLU hou 'n Agri Opedag op 29 Augustus om 08:00 by die Windhoek-skouterrein. Die gasheer is Dordabis BV en gassprekers is die president van AgriSA, Johannes Möller, en die president van die NLU, Ryno van der Merwe. Verskeie demonstrasies en inligtingsessies word aangebied en die koste beloop N$100 per persoon waarby die middagete ingesluit is. Meld voor 24 Augustus aan deur 'n e-pos na [email protected] te stuur. Vir navrae, kontak vir Dawid Krause by 081 124 9415.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!