Dagboek vir die landbouer
Maltahöhe se boere byeen
Lede van hierdie boerevereniging vergader môre op plaas Gamis van Christof en Erika Diekmann. Die vergadering begin om 10:00. Bertus Kruger gaan oor voerberekening en weiveldbestuur praat Dries Strydom gaan die nuwe satelliettelefoonstelsel demonstreer. Verder sal Oranjerivier Voere, Orbit Technology Holdings, Eli Nel (plaasveiligheid) en WLA van hulle produkte en dienste ten toon stel. Kontak vir [email protected] of [email protected].
Meer gras, meer geld
Agra ProVision bied die volgende kursusse aan: “Meer Gras, Meer Geld” word op 28 Augustus vanaf 09:00 – 16:00 by die Agra Bank Windhoek Ring in Windhoek deur Bertus Krurger aangebied en kos N$1 000 per persoon. Op 21 – 22 Augustus word 'n plaasinfrastruktuurkursus vanaf 09:00 – 16:30 op Omaruru aangebied. Dit sluit in 'n praktiese sessie oor omheinings en kos N$1 900 per persoon.
Vir navrae en om aan te meld, kontak Agra ProVision by 061 290 9208, of by [email protected].
Leonardvillers vergader
Lede van hierdie boerevereniging hou 'n ledevergadering op 30 Augustus om 17:00 in die BV-saal. Kontak vir Johannie Brenkman by 062 58 1108 of [email protected].
2018 Boerewêreldbeker om die draai
Die Osire-Waterberg BV bied die interboerevereniging-sportdag, die 2018 Boerewêreldbeker, op 1 September om 07:30 by die BV-saal aan. Spansport sluit vlugbal, jukskei ensovoorts in en die individuele sport sluit kettieskiet in.
Vir die kinders word 'n miniplaas aangebied en daar is ook 'n miniskou. Toegang beloop N$130 vir volwassenes en kinders vanaf 12 jaar. Skoolgaande kinders jonger as 12 jaar se toegang kos N$70. Voorskoolse kinders is gratis. Ingesluit in die registrasiefooi is die aandete en dans.
Elke span moet uit agt lede bestaan waarvan ten minste twee vroue moet wees. Inskrywings per span beloop N$300. Om 19:00 is die prysuitdeling en 'n veiling.
Vir verdere besonderhede en om aan te meld, kontak vir Anka Visher by 081 257 7229, [email protected] of vir Dagmar Wilckens by 081 280 7829, [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie