Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Leer meer van veeteelt

Agra ProVision bied vandag en môre ‘n veeteeltkursus op Omaruru aan. Die kursusse duur van 08:00 – 16:30 en beloop N$1 900 per persoon. Vir aanmeldings en navrae kontak Agra ProVision by 061 2909208 of [email protected].

Boerbokkursus op plaas Conradie

‘n Gevorderde kursus vir Boerboktelers word Donderdag en Vrydag op plaas Conradie van Dirk Louw aangebied. Dit kos ook N$950 per persoon. Alle inskrywings moet by die Boerboktelersgenootskap se kantoor in Windhoek gedoen word en daar is net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar. Kontak vir Linda Sterkenburg by 061 252994 of [email protected].

Grootfontein se Kuierfees lê voor

Die Grootfontein Kuierfees word die naweek by Bush Babe Lodge buite Grootfontein aangebied. Saterdag om 11:00 vind ‘n wildsveiling plaas. Verder kan besoekers uitsien na pretritte met perde, fietsry, draf, motorsport en skietkompetisies. Uitstallers is welkom. Bel 081 259 5184 om stalletjies te bespreek.

Die kustenaars wat optree is Jaycee Crause en Jakkie Louw (27ste) en Karlien Husselman, Nadine Eichenberger (Switserland), Chanelle Weirsch (Switserland), Die Campbells asook Namibiese kunstenaars soos Danie Prinsloo op die 28ste.

Opleiding vir pluimveeboere

Inkukukaya Training bied op 4 Augustus pluimvee-opleiding vir produsente in Windhoek aan. Die koste beloop N$5 550 per persoon, waarby die opleidingsmateriaal ingesluit is. Vir aanmeldings en navrae, skakel 081 141 0024 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Wagnou bied kursusse vir telers aan

‘n Kursus vir beestelers in produksiedata word op 8 Augustus op plaas Wagnou noord van Gobabis aangebied. Die koste beloop N$250 en die sprekers is Johan de Jager (Bengufarm) en Jan Schoeman (SA Beefmasters). Op 9 Augustus word ‘n senior Beefmaster-keurderkursus ook hier aangebied. Om vir hierdie kursusse te registreer, kontak vir Johan van der Merwe by 081 320 1013, 062 56 8249, of [email protected].

Inligtingsdag vir wildboere by Heja Lodge

Wildlife Ranching Namibia bied Saterdag om 10:00 ‘n inligtingsdag vir die wildbedryf by die Heja Game Lodge buite Windhoek aan. Die sprekers is prof. Louw Hoffmann, dr. Diana van Schalkwyk, proff. Peet van der Merwe en Elmarie Slabbert, dr. Radim Kotrba en Wiaan van der Linde. Dit kos N$250 waarby ‘n middagete ingesluit is. Meld aan by 081 457 8301, of [email protected].

Winterskool weer op Aroab gehou

Die Keetmanshoop SLU en Aroab BV bied op 1 Augustus die jaarlikse Winterskool aan wat om 08:00 in die landbousaal op Aroab begin. Die tema lui “Voorspoedig, veilig, vorentoe” en die sprekers is Piet Gouws, Johan Orfler, dr. Martin Ferreira, Carl Nel, Ryno van der Merwe, Pieter van Schalkwyk, Roelie Venter en Wiehan van Staden. Daar is ook ‘n program vir die vroue en kinders.

Dit kos N$200 vir volwassenes en N$50 vir kinders onder 14 jaar. Kontak vir Ernst Blaauw, 081 620 9750 of Martin Jansen van Rensburg, 081 779 7980.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!