Dagboek vir die landbouer
Agra ProVision lei boere op
'n Veeteeltkursus word vandag en môre op Grootfontein aangebied. Voer, voedingswaardes en inentings sal onder meer bespreek word.
Van vandag tot Donderdag kan belangstellendes ook 'n pluimveekursus in Windhoek bywoon, waar onder meer 'n voerplan en uitbroei van eiers bespreek sal word. Die kursusse duur daagliks van 08:00 – 16:30. Die koste vir die veeteeltkursus beloop N$2 000 per persoon en die pluimveekursus N$2 500 per persoon.
Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].
AgriTech bied slypskool aan
AgriTech bied lewendehaweproduksie-slypskole vir boere aan.
Hidrofoniese voerproduksie vir diere en wurmboerdery vir pluimvee- en varkboere sal bespreek word. Dit vind soos volg plaas: 18 Mei op Ondangwa, 24 Mei op Mariental en 1 Junie op Rundu.
Dit duur van 09:00 tot 16:15 en kos N$700 per persoon. Kontak AgriTech by 081 561 5044 of [email protected] vir meer inligting.
Summerdown se lede vergader
Hierdie boerevereniging hou vandag om 15:00 'n ledevergadering in die BV-saal. Mnr. Jannie Breytenbach van Meatco is die gasspreker. Kontak Rienie du Plessis by 062 561 621 of [email protected].
Boere van Westelike Khomas kom byeen
Westelike Khomas BV vergader môre om 15:00 by die Harmonie BV-saal. Daar sal sprekers wees wat oor houtskool, trekkers en nog meer gaan praat. Bel Amanda Greeff by 081 259 6108 of Daan Botha by 081 246 6811 vir meer inligting.
Hochfelders vergader ook binnekort
Hierdie boerevereniging hou 'n ledevergadering op 22 Mei om 15:00 in die Hochfeld Agri BV-saal. Die gassprekers is Anneliese Wierenga, 'n geohidroloog, en 'n amptenaar van die ministerie van landbou, water en bosbou wat oor boorgate en algemene wetgewing daaroor gaan praat. Kontak Bianca Marggraff by 062 504 211 of [email protected] vir meer inligting.
Blumfelders bied 'n wynmakietie aan
Hierdie boerevereniging en die Robertson Tafelronde hou 'n wynmakietie op 24 Mei om 18:30 vir 19:00 by die Wanderers-klub in Windhoek. Die koste is N$2 000 vir 'n tafel van 10 (N$200 per persoon). Dit gaan 'n heerlike aand met 'n wyn- en jagpakketveiling, asook vermaak en 'n dans wees. Bel vir Mia Enslin by 081 211 7973 vir meer oor hierdie geleentheid.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie