Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
Osire-Waterberg-BV vergader

Die Osire-Waterberg-boerevereniging vergader vandag om 15:00 in hul boereverenigingsaal. Die gasspreker is mnr. Frans Krone, wat droogtehulpfinansiering sal bespreek. Vir meer besonderhede, kontak me. Natasha McLoud by 067 303 390 of [email protected].



Helmeringhausen-BV vergader

Die Helmeringhausen-boerevereniging hou 'n ledevergadering op 28 Februarie om 11:00 in hul boereverenigingsaal. Van 15:00 af word 'n ope vergadering vir die gemeenskap gehou om almal te bemoedig. Sprekers is ds. Awie van Wyk van die Kalahari-bediening, me. Sorita Jenkins van Hollard, en mnr. Willem Swiegers, SLU-voorsitter. Na afloop van die vergadering word 'n steakbraai gehou, wat deur Hollard geborg is. Vir meer besonderhede, kontak me. Lizelle Murray by 081 719 5689.



Geldinsameling vir Droogtehulp Namibia

'n Potjiekoskompetisie en 'n dans met die Klipwerf Boere-orkes word ten bate van Droogtehulp Namibia op 7 Maart aangebied. Die potjiekoskomeptisie begin om 08:30 by die Windhoek Gimnasium-sportgronde (langs United) in Windhoek. Potjiekosspanne moet uit vier tot ses mense bestaan en die registrasiefooi is N$1 000. Groot pryse is op die spel, wat insluit 'n eerste prys van N$4 000 asook 'n gemsbok. Vir meer besonderhede, skakel me. Henriette Le Grange by 081 124 9670 of me. Johanna van den Heever by 081 716 8728. Die dag word afgesluit met 'n Klipwerf Boereorkes dans by Windhoek Gimnasium. Kaartjies kos N$300 per persoon en sluit 'n ete in. Bespreek by 081 124 9670 of by [email protected].



Kompetisie om met skoolfonds te help

Privaatskool Excelsior op Aroab bied 'n kompetisie aan om ouers, wat weens die afgelope droogte swaarkry, te help om skoolfonds te betaal. Kaartjies kos N$50 en groot pryse is op die spel: ses nagte by Gondwana, 'n Tikka-geweer ter waarde van N$39 750, asook jagpakette wat beeste, koedoes, gemsbokke, springbokke en skape insluit. Vir meer besonderhede, kontak Charlene Lombard by 081 401 2548 of stuur 'n e-pos aan [email protected].



Opleidingskamp vir plaaswerkers

Dassies Farm Workers Training bied vir die eerste keer 'n opleidingskamp vir plaaswerkers aan, waartydens praktiese en teoretiese opleiding gegee sal word oor onder meer dosering, die tel van diere, draadspan en tuinbou. Maatskaplike kwessies soos gesondheid en veiligheid, higiëne, geslagsgeweld, kommunikasie, die belangrikheid van 'n plaaswerker en alkohol- en dwelmmisbruik sal ook aangespreek word. Die opleiding begin op 3 April op die plaas Dassiesfontein, 30 km buite Mariental. Inskrywings sluit 28 Februarie 2020 en kos N$2 500. Vir inskrywingsvorms of meer inligting, kontak die organiseerders by [email protected], 081 637 7711 of 081 294 2113.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!