Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Kursus oor melkbokke by Otjiwarongo

Die Cheetah Conservation Fund bied op 7 Augustus ‘n eendagseminaar oor suiwelbokboerdery aan wat ook besprekings oor kunsmatige bevrugting insluit. Dr. Terry Gibson van die Langston Universiteit in die VSA is die aanbieder. Die seminara word gehou by die Cheetah Conservation Fund buite Otjiwarongo en kos N$300 per persoon, wat die middagete insluit. Kontak Laurie or Tyapa by 067 306 225, 081 336 1709, 081 124 7887, of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Summerdown se lede vergader

Hierdie boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 7 Augustus om 15:00 in die BV-saal. Die sprekers is mnr. André Botes van AgriBank en dr. Hanlie Winterbach. Kontak vir Rienie du Plessis: 081 285 2169, of [email protected].

Kom leer van Damaraskape

Die Damaraskaap-telersgenootskap bied vandag en môre ‘n junior- en seniorkursus by Namboer in Windhoek aan. Die koste beloop N$500 per persoon en dit sluit die opleidingsmateriaal asook verversings in. Registrasie vind om 09:00 plaas. Na afloop van die kursusse word ‘n keurdersdag aangebied. Op 9 Augustus om 08:00 hou dié genootskap sy jaarvergadering by Namboer en om 12:00 vind ‘n veiling plaas. Kontak Linda Sterkenburg by [email protected] of bel haar by 061 252994.

Kalkfeld-lede hou hul jaarvergadering

Kalkfeld BV hou sy jaarvergadering Woensdag om 08:00 vir 08:30 op plaas Ekundu van Caroline en Günther Kahl. Kontak Silke von Gossler by 067 290119 of [email protected].

Wagnou Boerdery bied kursusse vir telers aan

‘n Kursus vir beestelers in produksiedata word op 8 Augustus op plaas Wagnou noord van Gobabis aangebied. Die koste beloop N$250 en die sprekers is Johan de Jager (Bengufarm) en Jan Schoeman (SA Beefmasters). Op 9 Augustus word ‘n senior Beefmaster-keurderkursus ook hier aangebied. Om vir hierdie kursusse te registreer, kontak vir Johan van der Merwe by 081 320 1013, 062 56 8249, of [email protected].

Houtskoolbedryf trek op Otjiwa saam

Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) bied sy jaarlikse konferensie en ekspo Vrydag om 08:00 by die Otjiwa Safari Lodge by Otjiwarongo aan. Die gasspreker is mnr. Burre Burger wat die droogtehulp-aksie in Suid-Afrika dryf. Die registrasiefooi beloop N$250 per persoon. Kontak vir Roelien by 081 386 5663 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!