Dagboek vir die landbouer
ProVision se veevoerkursus
Agra ProVision se mnr. Bertus Kruger bied ‘n kursus oor voervloei-beplanning tydens die droë seisoen aan. Berekening van die vereistes van veevoer, die aanpassing van lewendehawegetalle vir die beskikbare veevoer en nog meer sal bespreek word. Die eerste sessie het gister plaasgevind en ‘n tweede een word vandag (25 Junie) vanaf 17:30 tot 20:00 aangebied. Die geleentheid word by Agra Hyper in Windhoek gehou en kos N$250 per persoon. Verdere besonderhede is beskikbaar by Agra ProVision by 061 290 9802 of [email protected].
Verskeie geleenthede deur AgriBank
AgriBank se Agri-voorligtingsdiens bied die volgende aan: Lewendehawe-opleiding (weidingsbestuur, lekaanvulling en dieregesondheid) vanaf 25 tot 26 Junie om 08:00 by die DAPEES-kantoor op Otavi (kontak mnr. Wolfie von Wielligh by 081 280 3627). Dieselfde kursus word vanaf 26 tot 27 Junie by die DAPEES-kantoor op Gibeon aangebied en begin ook om 08:00. Kontak mnre. Erastus Ngaruka (081 286 2562) en Slava Motinga (081 256 7562).
AgriBank hou op 1 Julie om 08:30 by die Goba Lodge by Gobabis ‘n vergadering vir rolspelers. Kontak mnre. John Venter (081 230 6846) en Ngaruka. ‘n Lewendehawe-voorlesingsaand word dieselfde dag om 17:30 by die Goba Lodge aangebied, waarna ‘n lewendehawe-inligtingsdag vir landbouers op 2 Julie om 08:00 op dieselfde plek aangebied word. Kontak mnre. Venter en Ngaruka. Alle opleiding is gratis.
Dordabis BV hou ledevergadering
Dordabis Boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 4 Julie om 14:00 in hul boerevereniging se saal. Gassprekers is Nampol se kommissaris Joseph Shikongo, asook mnr. Gerbie van Wyk van Windhoek Agricultural Wholesale. Vir meer inligting kontak me. Christine Romeis by 061 231 230 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie