Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Francoise Steynberg
Braaiers trek dié naweek op Uhlenhorst saam

Die NLU Agri-braaikompetisie vir 2017 vind dié naweek op die plaas Bitterwasser by die Bitterwasser Lodge plaas.

Verlede jaar se wenners, Uhlenhorst Boerevereniging, is die gasheer met die tema “Kalahari Karnaval”. Kom kuier lekker in die Kalahari. Die gewilde Broers van Suid-Afrika, wat bestaan uit Christo, Cobus en Stephan Snyman, en Namibië se Joggie en André, sal die voete laat jeuk.

Elke braaispan ontvang 'n heel slaglam om vir die beoordelaars voor te berei. Volgens die organiseerders is daar reeds 22 boereverenigings en sosiale spanne ingeskryf wat gaan meeding om 2017 se braaikampioene te wees.

Namib Mills sal 'n koekbakkompetisie en teetuin aanbied. Daar is 'n skietkompetisie, meganiese bul, NASP-boogskietkompetisie, skattejag, springkasteel en waterglybaan vir kinders.

Vir algemene of kompetisienavrae, kontak Hoekus van Niekerk by 081 294 4676 of [email protected], of Corrine by 081 358 2299 of [email protected]. Vir navrae oor verblyf, kontak Ronel Theron by 081 2414552 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!