Dagboek vir die landbouer
Maltahöhe BV sluit die jaar af
Hierdie boerevereniging hou sy jaarafsluiting op 14 en 15 November op die plase Ginas en Kronenhof van die Venter- en Du Preez-gesinne. Op 14 November word 'n pretdag gehou met kleiduif-skyfskiet en 'n lekker kuier. Die aand word 'n braai gehou. Op 15 November vind die ledevergadering en algemene jaarvergadering plaas. Verskeie borge ondersteun dié twee dae. Die aand word weer met 'n braai afgesluit en die wat nog krag het, kan dans en kuier. Vir verdere inligting, kontak Christian Otto by 063 293 512, 081 226 9518 of otto[email protected].
Kursus in basiese
plaasbestuur
Agra ProVision bied van 13 tot 16 November 'n kursus in basiese plaasbestuur op Mariental aan. Dit begin daagliks om 08:00 en duur tot 16:00. Die gesubsidieerde fooi beloop N$3 070 en vir verdere besonderhede en aansoekvorms kan Agra by 061 290 9208 of [email protected] gekontak word.
Prysuitdeling vir
kleinveeprodusente
Natural Namibian Meat Producers (Pty) Ltd /Aranos Abattoir (NNMP) hou sy prysuitdelingseremonie op 24 November tydens die Aranos BV se jaarafsluiting.
Die prysuitdeling is vir produsente wat die hoogste getal lewende hawe gedurende die jaar tot einde Oktober by NNMP geslag het. Sarel Oberholzer, eienaar en direkteur van NNMP, sal by die prysuitdeling teenwoordig wees en daar is met FNB gereël om kontantpryse te oorhandig.
Vir verdere besonderhede, kontak Adele Visser by 063 272 462 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie