Dagboek vir die landbouer
Kamanjabbers vier Winterdag
Kamanjab Boerevereniging en dié dorp se distrikswag hou Saterdag 'n Winterdag wat om 09:00 by die BV-saal begin. Die program sluit in praatjies en demonstrasies oor sonkragopsies vir verkoeling en pompe, die maak van kaas asook die gebruik van hommeltuie op plase. Plaasveiligheid word ook bespreek. Deelnemers gaan self wapens hanteer tydens die demonstrasie en word versoek om eie ammunisie en handwapens saam te bring.
Die dag word afgesluit met'n dans en 'n veiling. Toegang beloop N$100 vir volwassenes en kinders is gratis. Middag- en aandetes is te koop en 'n kontantkroeg is beskikbaar. Kontak vir Willem Smith by 081 129 2835 vir navrae.
Summerdown se lede vergader
Hierdie boerevereniging hou 'n ledevergadering op 22 Mei om 15:00 in die BV-saal. Die gasspreker is die uitvoerende bestuurder van die NLU, mnr. Roelie Venter. Kontak vir Rienie du Plessis by 081 285 2169 of [email protected].
Leer van veeteelt op Gobabis
Agra ProVision bied op 22 en 23 Mei 'n veeteeltkursus op Gobabis aan. Dit duur daagliks van 08:00 – 16:30 en onderwerpe wat bespreek sal word, is voeding, interne en eksterne parasiete, inentings, vitamiene en nog meer. Die kostes beloop N$2 330. Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].
Hoërand vier 60 jaar
Die Hoërand BV vier sy 60ste bestaansjaar vanaf 25 – 27 Mei by Sandrücken (plaas Witdam van Johnny Hanekom) in die Maltahöhe-distrik. Daar word met Land Rovers en ander 4x4-voertuie rondgery en die eerste roete word gery op 25 Mei vanaf 10:00 – 17:00. Die tweede roete pak die deelnemers op 26 Mei vanaf 10:00 – 17:00 aan. Verder is daar 'n jukskeikompetisie, storievertel-kompetisie, bergfietsry en nog vele meer. Die 25ste word met 'n vleisbraai, dans en kuier afgesluit en die 26ste met 'n lambraai en dans. Vir akkommodasie word 'n tentedorp opgerig en die koste beloop, saam met die etes, N$1 100 per gesin. Vir meer inligting en besprekings, kontak Herman Coetzee, 081 122,7158, Bartie Burger, 081 379,2626, Maryka Truter, 081 262,4146, of Hein Knipe by 081 734 6137. Fesia Truter sal inligting oor verblyf kan verskaf, 081 498 5208 of [email protected].
Onthou die AgriBraai-saamtrek op Gobabis
Die NLU AgriBraai-kompetisie wat op 25 en 26 Mei deur die Kalahari-Oos Boerevereniging by die Gobabis-skougronde aangebied word, is 'n móét. Die tema is “Cattle Country Cowboy” en op 26 Mei om 12:00 word 'n wildveiling gehou. Vir verdere besonderhede, kontak 081 261 2838 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie