Dagboek vir die landbouer
Swakarabedryf vergader op Keetmanshoop
Die Swakara-bedryfsforum hou sy jaarvergadering môre om 08:00 by die Schützenhaus op Keetmanshoop. Om 18:00 vind die galadinee plaas waartydens die Goue Lam- en verskeie ander toekennings gemaak sal word. Die koste vir die galadinee beloop N$150 per persoon en produsente moet by Jenny (061 237 750), Jaco (061 290 9301) of Diolene (063 223 321) plek bespreek.
LPO, NLU hou in Oktober kongres
Die LPO-kongres word vanjaar op 9 Oktober om 08:00 en die NLU-kongres op 11 Oktober by die Safari Hotel in Windhoek gehou. Die tema vir beide kongresse is: “Die vereiste en grondslag vir werkskepping en waardetoevoeging.”
Die amptelike opening van die NLU-kongres vind op 11 Oktober vanaf 08:00 – 10:30 as ’n ontbytgeselligheid ook by die Safari Hotel plaas en die openingspreker is die besturende direkteur van AgriBank, mnr. Sakaria Nghikembua.
Vooruitskouing vir landbou gedoen
Die Landbou-vooruitskouingskonferensie wat sedert 2012 elke twee jaar deur die NLU aangebied word, vind weer hierdie jaar op 10 Oktober by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek plaas.
Die hoofdoel van die konferensie is om 'n geleentheid te skep vir die landbousektor in die land om gesamentlike kwessies te bespreek, asook om inligting aan produsente te verskaf van wat in die toekoms verwag kan word in terme van die ekonomie, pryse en markte.
Die bespreking gaan fokus op idees wat groei in die landbousektor kan aanvuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie