Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Kobus Laubscher
Hochfeld se lede vergadering

Die Hochfeld BV hou sy jaar- en ledevergadering môre om 15:00 by die Hochfeld Agri BV-saal. Die gassprekers is Johan Loubser en Anton Stefansen van Corporate Guarantee. Kontak Bianca Marggraff, 062 504211 of [email protected] vir meer besonderhede.

Streekslandbou-unie op Keetmanshoop byeen

Keetmanshoop SLU vergader Donderdag om 08:00 by die Central Lodge op Keetmanshoop. Navrae kan gerig word aan Amelia van Rooyen by 063 280677 0f [email protected].

Vergadering in Westelike Khomas gehou

Die Westelike Khomas-boere vergader op 30 Januarie om 15:00 in die Harmonie BV-saal. Vir verdere besonderhede, kontak vir Amanda Greef by 081 446 2858 of [email protected].

Leer van veeteelt op Tsumeb

Agra ProVision bied ‘n veeteelt-kursus aan op 30 en 31 Januarie op Tsumeb. Die kursus vand plaas 08:00 – 16:30 en die kosts beloop N$2 000 per persoon. Temas wat sal word, is voeding, inentings, vitamiene-aanvullings en meer. Vir verdere besonderhede, kontak Agra ProVision by 061 2909208, of [email protected].

Dordabissers, onthou dié datum

Hierdie boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 7 Februarie om 14:00 in die BV-saal. Die gassprekers is ‘n afgevaardigde van Ellies Electronis asook Gerlinde Lühl wat oor die wapenwet sal praat. Kontak vir Christine Romeis by 061 231230, of [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer