Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Agra ProVision bied dié ­kursusse in Windhoek aan

• 23-24 November: Droëlandverbouing

• 1-2 Desember: Hidroponika (grondlose verbouing) en akwaponika

Vir meer besonderhede oor dié kursusse in Windhoek, kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].



Karibib BV

Karibib se boerevereniging hou 'n vergadering op 28 November om 16:30 by die Etusis Lodge.

Die sprekers is mnre. Riaan Oberholzer, Tobie le Roux, Adriaan Louw en dr. Herbert Schneider.

Vir meer besonderhede, kontak me. Doris Gladis by 061 237 400 of [email protected].



Leonardville BV

Leonardville se boerevereniging hou môre om 17:00 'n jaarvergadering en -afsluiting in hul boerevereniging­saal.

Vir meer besonderhede, kontak me. Johannie Brenkmann by 062 581 108 of [email protected].



Helmeringhausen BV

Hierdie boerevereniging hou 'n informele jaarafsluiting op 28 November om 18:00 by hul boereverenigingsentrum.

Vir meer besonderhede, kontak me. Lizelle Murray by 063 283 309 of stuur 'n WhatsApp na 081 719 5689.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer