Dagboek vir die landbouer
Grondbone in die kollig
Die Grondbonevereniging van Namibië hou op 14 September ‘n ledevergadering en inligtingsdag in Summerdown. Die ledevergadering begin om 09:00 en die inligtingsdag om 10:30. Die sprekers by die inligtingsdag is dr. Fidelis NyambMwazi van Amta, Frans Uirab van die weerkantoor, Louie van Zyl van Nulandis & Pioneer, Wessel Higgs van Trio Trade en Johan Steenkamp van Hochland Tractors. Kontak Jasper Blaauw by 081 215 8308 of [email protected].
Skietkompetisie by Onder Nossob
Die Onder Nossob BV daag alle medeboereverenigings uit om deel te neem aan 'n interboerevereniging-skietkompetisie wat op 16 September by die BV-saal plaasvind. Individue is ook welkom om deel te neem. Groot kontantpryse is op die spel. Vir meer inligting, bel Arno Serfontein by 081 577 5307 of Jako van Wyk by 081 692 6164.
Pret wag op Aroab
Aroab BV hou op 22 en 23 September op die plaas Kiriis-Ost by Aroab ‘n berg-, pan- en duin-pretdag vir 4x4’s, 2x4’s, kwads en motorfietse. Vir meer besonderhede, kontak Martin by 063 280 672 of Spannie by 063 280622.
Wilhelmstal-Okasise bied Somerfees aan
Hierdie boerevereniging hou op 23 September om 10:00 by die BV-saal ‘n Somerfees. Verskeie aktiwiteite word aangebied soos onder meer windbuksskiet en bottel-tombola. Daar is ook ‘n landbou-, toerisme- en jagskou. Om 18:00 is daar ‘n spitbraai en dans. Registrasie beloop N$200 per persoon, waarby die ete ingesluit is. Gratis kampeerplek is beskikbaar. Persone wat produkte wil uitstal, kan vir Michi Zimny by 081 262 3339 kontak. Meld asseblief voor 8 September by Olaf (081 275 6911) aan.
Summerdown bespreek voerproduksie
Summerdown se lede hou op 23 September ‘n boeredag met die tema “Voerproduksie (besproeiing) en sonkrag”. Sake wat bespreek gaan word, is die koste van voerverbouing, oprigting en gebruik van spilpunte, die impak van besproeiing op die watertafels en grondwaarde. Verdere besonderhede volg binnekort, of kan verkry word deur ‘n e-pos te stuur na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie