Dagboek vir die landbouer
Meatmasters hou jaarvergadering
Die Meatmaster Telersgenootskap van Namibië hou sy jaarvergadering op 7 September om 16:00 in die Elnatan-skoolsaal. Vir verdere besonderhede, kontak Malinda Steyn by 063 269 002, 081 333 2873 of [email protected].
Wilhelmstal-Okasise bespreek watersituasie
Die Wilhelstal-Okasise BV vergader op 7 September om 15:00 in die Wilhelmstal BV-saal. Die watersituasie in die Karibib- en Okahandja-omgewing, asook die groter Namibië, sal bespreek word. Kontak Maja von Reeken-Fug by 062 503 949 of [email protected].
Gamsberg BV bied rolbaldag aan
Die Gamsberg Boerevereniging bied sy tiende informele rolbaldag op 8 September om 10:00 by die rolbalklub van die Windhoek Buitekluboord aan. Die kostes beloop N$1 000 vir 'n span van vier lede en sluit die ete tydens die aand se prysuitdeling in. Ander gaste is ook welkom teen N$150 per kop, waarby die ete ingesluit is. Vir verdere besonderhede en om aan te meld, kontak Rozanne van Rensburg by 081 141 9892 of [email protected].
Grondbone in die kollig
Die Grondbonevereniging van Namibië hou op 14 September 'n ledevergadering en inligtingsdag in Summerdown. Die ledevergadering begin om 09:00 en die Inligtingsdag om 10:30. Die sprekers by die Inligtingsdag is dr. Fidelis NyambMwazi van Amta, Frans Uirab van die Weerkantoor, Louie van Zyl van Nulandis & Pioneer, Wessel Higgs van Trio Trade en Johan Steenkamp van Hochland Tractors. Kontak vir Jasper Blaauw by 081 215 8308, [email protected].
Skietkompetisie by Onder Nossob
Die Onder Nossob BV daag alle medeboereverenigings uit om deel te neem aan 'n interboerevereniging skietkompetisie wat plaasvind op 16 September by die BV-saal. Individue is ook welkom om deel te neem. Groot kontantpryse is op die spel. Vir meer inligting, bel vir Arno Serfontein, 081 577 5307, of Jako van Wyk, 081 692 6164.
Pret wag op Aroab
Aroab BV hou 'n berg-, pan- en duin-pretdag vir 4x4's, 2x4's, kwads en motorfietse op 22 en 23 September op die plaas Kiriis-Ost by Aroab. Vir meer besonderhede, kontak Martin by 063 280 672, of Spannie by 063 280 622.
Wilhelmstal-Okasise bied Somerfees aan
Hierdie boerevereniging hou 'n Somerfees op 23 September om 10:00 by die BV-saal. Verskeie aktiwiteite word aangebied soos windbuksskiet en bottel-tombola. Daar is ook 'n landbou-, toerisme- en jagskou. Om 18:00 is daar 'n spitbraai en dans. Registrasie beloop N$200 per persoon, waarby die ete ingesluit is. Gratis kampeerplek is beskikbaar. Uitstallers kan vir Michi Zimny by 081 262 3339 kontak. Meld asseblief voor 8 September by Olaf (081 275 6911) aan.
Summerdown bespreek voerproduksie
Summerdown se lede hou 'n boeredag op 23 September onder die tema “Voerproduksie (besproeiing) en sonkrag”. Sake wat bespreek gaan word, is die koste van voerverbouing, oprigting en gebruik van spilpunte, die impak van besproeiing op die watertafels en grondwaarde. Verdere besonderhede volg binnekort of kan verkry word deur 'n e-pos te stuur na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie