Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
LIMOUSIN-GENOOTSKAP BIED KURSUS AAN

Die Limousin Beestelersgenootskap van Namibië bied op 5 en 6 Junie ‘n beoordelaarskursus op die plaas Ombuerendende van Sigi Baas aan. Kontak vir Heide Baas by 081 260 6606, 062 560229 of [email protected].

EPUKIRO BV VERGADER

Hierdie boerevereniging se lede vergader op 16 Junie om 10:00 op plaas Hippo van die Beukesse. Plaasveiligheid sal onder meer bespreek word. ’n Vuurwapenhanteringskursus word ook vir die vroue aangebied. Bel 081 301 0286 of stuur ‘n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

SIMMENTALER ONDER DIE LOEP

‘n Simmentaler-promosiedag word op 16 Junie om 10:00 op plaas Otjisauna in die Windhoek-distrik gehou. Die tema is “Die waarde van Simmentalers in kruisteling” en die sprekers is Dawid Krause, Roelie Venter en Kiep Lepen. Meld voor 8 Junie aan by [email protected]. Kontak vir Eddie Stone by 081 144 2388 of vir Tertia Stone 081 248 9543 vir meer inligting.

AGRA MEGA-DAG BY KALKFELD

Kalkfeld BV hou sy Agri Mega-dag op 21 Junie op die plaas Klein Otjikango-Ost van Ekundi Farming. Vanjaar word allerlei boerepatente ook ten toon gestel. Die registrasie beloop N$150 per persoon, wat ’n Meatco-steakbraai vir middagete insluit. Meld voor 7 Junie aan by 081 389 8552. Vir meer inligting, kontak 081 328 8235, of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer