Dagboek vir die landbouer
Pret wag op Aroab
Aroab BV hou 'n berg-, pan- en duin-pretdag vir 4x4's, 2x4's, kwats en motorfietse op 22 en 23 September op die plaas Kiriis-Ost by Aroab. Vir verdere besonderhede, kontak vir Martin by 063 280 672, of vir Spannie by 063 280 622.
Wilhelmstal-Okasise bied Somerfees aan
Hierdie boerevereniging hou 'n Somerfees op 23 September om 10:00 by die BV-saal. Verskeie aktiwiteite word aangebied soos windbuks-skiet, bottel-tombola en nog baie meer. Daar is ook 'n landbou-, toerisme- en jagskou. Om 18:00 is daar 'n spitbraai en dans. Registrasie beloop N$200 per persoon, waarby die ete ingesluit is. Gratis kampeerplek is beskikbaar. Persone wat produkte wil uitstal, kan vir Michi Zimny by 081 262 3339 kontak. Meld asseblief voor 8 September by Olaf, 081 275 6911 aan.
Summerdown bespreek voerproduksie
Summerdown se lede hou 'n boeredag op 23 September onder die tema “Voerproduksie (besproeiing) en sonkrag”. Sake wat bespreek gaan word, is die koste van voerverbouing, oprigting en gebruik van spilpunte, die impak van besproeiing op die watertafels en grondwaarde. Verdere besonderhede volg binnekort, of kan verkry word deur 'n e-pos te stuur aan [email protected].
Amos “boer voor die troon”
Amos Namibia bied vanaf 1 September tot 10 Oktober 'n veertig dae lange gebedsfokus genaamd “Boer voor die troon” aan. Dit word opgevolg deur 'n Boer Slim-slypskool op 13 tot 15 Oktober waartydens boere en werkers prakties sal leer hoe om dragtigheidsondersoeke op die plaas te doen.
Boere kan die fokus daagliks lees en daarvolgens bid en ook vir Amos Namibia op Facebook volg, waar 'n verkorte weergawe van die dagstukkie daagliks geplaas word.
Die slypskool vervang die jaarlikse konferensie, wat altyd na afloop van die gebedsfokus plaasgevind het. Dit vind op die Emmanuel-kampterrein by Gobabis plaas en koste beloop N$800 per boer en N$250 per plaaswerker.
Belangstellendes kan die elektroniese weergawes van die twee gebedsfokus-boekies gratis vanaf Amos Namibia se webwerf (www.amos.com.na) onder die skakel vir “gebedsfokus” en “gebed” aflaai, of 'n harde kopie teen N$60 koop. Andersins kan belangstellendes Jessie van Rooyen by 081 374 9333 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie