Dagboek vir die landbouer
Kalkfeld hou ledevergadering
Kalkfeld-boerevereniging hou ’n ledevergadering vandag om 08:00 vir 08:30 op die plaas Eremutua. Die sprekers is mnr. Gerhard Weber en ’n verteenwoordiger van Marsh Versekering. Kontak Almut Koch voor 1 November by 081 249 2835 of [email protected].
Leonardville se jaarafsluiting
Leonardville-boerevereniging hou ’n jaarafsluiting op 19 November om 17:00 in die boereverenigingsaal. Kontak Johannie Brenkmann by 062 561440 of [email protected] vir verdere inligting.
NCA Tegnologie-dae
Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) bied tegnologiedae op 20 en 21 November van 09:00 tot 16:00 op die plaas Aimeb in die Outjo-distrik aan. Tydens die geleentheid sal nuwe, omgewingsvriendeliker verbrandingsoonde (kilns) bekend gestel word. Praktiese sessies vir briketvervaardiging word vir plaaswerkers aangebied, terwyl biokoolstof(biochar)-uitstallings en veel meer te sien sal wees. Toegang is gratis, maar belangstellendes moet voor 15 November by die NCA registreer. Kontak 067 304 220 vir meer inligting.
Westelike Khomas se jaarafsluiting
Westelike Khomas-boerevereniging hou hul jaarafsluiting van 18:00 af op 23 November in die boereverenigingsaal. Dit is ’n bring-en-braai. Vir meer besonderhede, kontak Amanda Greeff by 081 2596108 of [email protected].
Napha-jaarvergadering
Die Namibië Professionele Jagvereniging (Napha) hou hul jaarvergadering op 26 November om 07:30 by Droombos, Windhoek. Van 18:30 af vind ’n spitbraai plaas en kostes beloop N$300 per persoon vir die aand se verrigtinge. Kontak Napha voor 10 November by 061 234 455 of [email protected].
Fietsry vir Dare to Care
Van 28 tot 30 November gaan ’n groep vrywilligers 376 km met bergfietse van Otjiwarongo na Torrabaai ry om geld vir die Dare to Care-droogtehulpfonds in te samel. Alle deelnemers is besigheidsmanne of boere wat deur die droogte geraak word. Hulle het borgskappe nodig om hulle per kilometer te borg, maar ander borgskappe is ook welkom. Kontak Len de Jager by 081 236 3713, Herman Lintveld by 081 129 9987 of Dirk Potgieter by 081 127 8200 vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie