Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
NLU hou ope dag op Gobabis

Die Gobabis SLU bied vandag om 08:00 'n NLU-opedag by die Omateko Lodge op pad na Buitepos aan. Registrasie open om 07:00 en die inskrywingsfooi is N$50 per persoon. Na afloop van die vergadering word daar 'n LTR2-kurses aangebied waar mnr. Johan de Jager die spreker sal wees. Kontak vir Willem Boshoff by 081 241 1740, [email protected].

Waterberg-boere vergader

Die Osire-Waterberg BV vergader vandag om 15:00 by die BV-saal. Kontak vir Natasha McLoud by 067 303390 of [email protected].

Simposium vir lewendehaweprodusente

Die Namibië Stoettelersvereniging (NSV) bied op 5 Maart om 08:00 ‘n simposium vir lewendehaweprodusente by die Agra/Bank Windhoek Ring in die hoofstad aan. Die sprekers is mnr. Graham Truscott, dr. Alfredo Lepori, dr. Michael Bradfield en me. Jeanine Labuschagne. Dit kos N$250 per persoon. Kontak vir Larrochelle Bryden by 0027 12 6675258, [email protected], of Jeanine Labuschagne by 0027 12 6675258, [email protected].

Wagyu kom Namibië toe

Die Wagyu Vereniging van Suid Afrika gaan op 6 Maart die Wagyu-beesras aan Namibië bekendstel. Dit geskied by die Agra/Bank Windhoek Ring en sal van 09:00 – 13:30 duur. Toegang is gratis. Die sprekers is dr. Fanie Steyn, mnr. Brian Angus, dr. Michael Bradfield en mnr. Graham Truscott. Meld asb aan by Ivonne van Tonder by 0027 61 4084123, [email protected].

Summerdown hou ledevergadering

Die Summerdown BV hou ‘n ledevergadering op 6 Maart om 15:00 in die BV-saal. Mnr. Corné Mostert van Virbac gaan aan die woord wees, asook me. Louisa Richmond-Coggan wat oor luiperds op plase sal praat. Kontak vir Rienie du Plessis by 081 285 2169 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer