Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
Beginnerskursus vir ­Nguni-telers

Die Nguni-telersvereniging bied 'n beginnerskursus vir boere aan vanaf 12 tot 14 Maart op die plaas Teufelsbach, ongeveer 40 km noord van Windhoek. Belangstellendes kan Thomas by 081 124 8400 of [email protected] kontak.



Jaarvergadering by Karibib

Karibib BV hou sy jaarvergadering op 16 Maart om 17:00 op die plaas Abbabis van die Gladis-familie. Kontak Doris Gladis by 061 237 400 of [email protected] vir meer inligting.



Pluimveeprodusente hou ledevergadering en inligtingsdag

Die Pluimveeprodusente-vereniging (PPV) hou op 20 Maart sy ledevergadering en 'n inligtingsdag by die NG Kerk-saal in Diazstraat, Suiderhof. Die vergadering begin om 08:30 en die inligtingsessie om 10:00. Die hoofspreker is Avimune se dr. Frank Travers, wat oor pluimveesiektes, inentingsprogramme en biosekuriteit sal praat, met spesiale klem op onder meer voëlgriep. Ander sprekers sluit in dr. A Klingelhoeffer en verteenwoordigers van Namibia Poultry Industries en Feedmaster. Diegene wat die dag wil bywoon, kan vir Rina Hough 'n e-pos na [email protected] stuur.



NLU AgriBraai

Die Namibië Landbou-unie (NLU) AgriBraai word op 29 en 30 Maart 2019 by die Hage Geingob-­stadion in Windhoek gehou. Op 29 Maart tree die sangers Bok van Blerk en Robbie Wessels op, en op 30 Maart is Karlien van Jaarsveld, Die Broers en Die Campbells aan die beurt. Kinder­vermaak word aangebied en vir volwassenes word 'n demonstrasie oor vleisverwerking gehou, asook 'n koekbakkompetisie en 'n wildsveiling. Vir meer inligting, kontak Corné Kruger by 081 129 3986 of [email protected], of vir Bernice by 081 702 8161.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!