Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Dordabis BV hou ledevergadering

Dordabis Boerevereniging hou Donderdag ‘n ledevergadering wat om 14:00 in die boerevereniging se saal plaasvind. Die gassprekers is Nampol se komm. Joseph Shikongo, asook mnr. Gerbie van Wyk van Windhoek Agricultural Wholesale. Vir meer inligting kontak vir Christine Romeis by 061 231 230 of [email protected].

Kaiserstraat BV gesels oor boskos

Hierdie boerevereniging hou sy algemene jaarvergadering op 11 Julie om 17:30 in die raadsaal by die Namibië Landbou-unie (NLU). Boskos is die gespreksonderwerp, met ‘n gasspreker wat dit as droogtevoer-opsie sal bespreek. Daar sal ook uitstallings van produkte wees. Meld aan deur ‘n SMS/Whatsapp na 081 644 1046 te stuur, of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Suiwelprodusente vergader by Mariental

Dit is weer tyd om die suiwelprodusente te vereer vir goeie kwaliteit melk wat gelewer is. Daarom hou die Suiwelprodusentevereniging (SPV) sy jaarlikse dinee op 15 Julie op die plaas van sy voorsitter, Kokkie Adriaanse, buite Mariental.

Op 16 Julie word die algemene jaarvergadering ook hier aangebied, met dr. Tom Tolmay en me. Liza-Marie Taljaard as die gassprekers. Die onderwerpe is die gesondheid en sorg van ‘n melkkudde en die grootmaak van kalwers op Blossom. Daar sal ook ‘n praktiese demonstrasie wees.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!