Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
MEATCO-JAARVERGADERING UITGESTEL

Meatco het sy 34ste algemene jaarvergadering tot 19 Februarie uitgestel. Dit sal by die Namibië Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) in Olympia plaasvind. Slegs geregistreerde lede mag dit bywoon en stem.



NLU SE AGRIBRAAI

Die 2021 NLU AgriBraai word op 26 en 27 Maart by Mariental se skougronde gehou. Met die tema “Kampvuur-legendes” wil Uhlenhorst BV legendes in die boeregemeenskap huldig. Boereverenigings kan spanne op die webtuiste (www.nluagribraai.com) of per e-pos ([email protected]) inskryf. Vir navrae, kontak Hoekus van Niekerk by 081 294 4676 of [email protected], of Corrine van Wyk by [email protected] of 081 358 2299.



DUITSE HANDELSKOU IN SA

Die Suid-Afrika/Duitsland Kamer van Koophandel en Nywerheid bied in Oktober vanjaar die handelskou, Messe München, in Suid-Afrika aan. Dit is Afrika suid van die Sahara se voorste handelskou vir konstruksie, mynwese, landbou- en bosboumasjiene, asook masjinerie en voertuie. Om uit te stal, besoek https://messe-muenchen.de/en/ of vir meer inligting kontak Katrin Geisler by + 27 11 486 2780 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer