Dagboek vir die landbouer
Winterskool weer op Aroab gehou
Die Keetmanshoop SLU en Aroab BV bied môre die jaarlikse Winterskool aan wat om 08:00 in die landbousaal op Aroab begin. Die tema lui “Voorspoedig, veilig, vorentoe” en die sprekers is Piet Gouws, Johan Orfler, dr. Martin Ferreira, Carl Nel, Ryno van der Merwe, Pieter van Schalkwyk, Roelie Venter en Wiehan van Staden. Daar is ook ‘n program vir die vroue en kinders.
Dit kos N$200 vir volwassenes en N$50 vir kinders onder 14 jaar. Kontak vir Ernst Blaauw, 081 620 9750 of Martin Jansen van Rensburg, 081 779 7980.
Seminaar in vloeibeplanning vir voer
Agra ProVision bied Donderdag van 09:00 – 14:00 ‘n voervloeibeplanningseminaar by Agra Hyper in die noordelike nywerheidsgebied in Windhoek aan. Bertus Kruger is die aanbieder, met sy onderwerp wat lui: “Gaan die weiding genoeg vir jou vee wees totdat dit weer kom reën of gaan jy ‘n “droogte” hê?”. Registrasie beloop N$600 per persoon waarby verversings, middagete en ‘n komplimentêre kopie van die nuwe “Fotogids vir die skatting van voerbeskikbaarheid in Namibiese weivelde” ingesluit is. Vir meer inligting en aansoekvorms kontak Agra ProVision by 061 2909208, of [email protected].
Opleiding vir pluimveeboere
Inkukukaya Training bied Saterdag pluimvee-opleiding vir produsente in Windhoek aan. Die koste beloop N$5 550 per persoon, waarby die opleidingsmateriaal ingesluit is. Vir aanmeldings en navrae, skakel 081 141 0024 of stuur ‘n e-pos na [email protected].
CCF bied kursus oor melkbokke aan
Die Cheetah Conservation Fund bied op 7 Augustus ‘n eendagseminaar oor suiwelbokboerdery aan wat ook besprekings oor kunsmatige bevrugting insluit. Dr. Terry Gibson van die Langston Universiteit in die VSA is die aanbieder. Die seminara word gehou by die Cheetah Conservation Fund buite Otjiwarongo en kos N$300 per persoon, wat die middagete insluit. Kontak Laurie or Tyapa by 067 306 225, 081 336 1709, 081 124 7887, of stuur ‘n e-pos na [email protected].
Summerdown se lede vergader
Hierdie boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 7 Augustus om 15:00 in die BV-saal. Die sprekers is mnr. André Botes van AgriBank en dr. Hanlie Winterbach. Kontak vir Rienie du Plessis: 081 285 2169, of [email protected].
Woon Wagnou Boerdery se kursusse by
‘n Kursus vir beestelers in produksiedata word op 8 Augustus op plaas Wagnou noord van Gobabis aangebied. Die koste beloop N$250 en die sprekers is Johan de Jager (Bengufarm) en Jan Schoeman (SA Beefmasters). Op 9 Augustus word ‘n senior Beefmaster-keurderkursus ook hier aangebied. Om vir hierdie kursusse te registreer, kontak vir Johan van der Merwe by 081 320 1013, 062 56 8249, of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie