Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Dordabissers, onthou dié datum

Hierdie boerevereniging hou ‘n ledevergadering Donderdag om 14:00 in die BV-saal. Die gassprekers is ‘n afgevaardigde van Ellies Electronis asook Gerlinde Lühl wat oor die wapenwet sal praat. Kontak vir Christine Romeis by 061 231230, of [email protected] vir meer inligting.

Skryf in vir dié boerderykursusse

Agra ProVision bied die volgende kursusse aan: Plaasinfrastruktuur vanaf 6 – 7 Februarie in Windhoek; Plaasbestuur vanaf 12 – 15 Februarie in Windhoek; Veeteelt vanaf 20 – 21 Februarie op Gobabis; en Toegepaste Dieregesondheid vanaf 20 – 21 Februarie in Windhoek.

Die kursusse sal almal om 08:00 begin en tot 16:30 duur. Die koste vir die veeteelt-, toegepaste dieregesondheid- en plaasinfrastruktuurskursus is N$2 000 en vir die plaasbestuurskursus N$3 000 per persoon. Vir verdere besonderhede, kontak vir Agra ProVision by 061 2909208, of [email protected].

Summerdowners vergader ook

Hierdie BV hou ‘n ledevergadering op 13 Februarie om 15:00. Kontak vir Rienie du Plessis by 062 561621 of [email protected].

NLU AgriBraai kom hoofstad toe

Die jaarlikse NLU AgriBraai, ‘n hoogtepunt of die landbougemeenskap se sosiale kalender, word op 29 en 30 Maart by die Hage Geingob-stadium in Windhoek gehou. Buiten die interboerevereniging-braaikompetisie, tree Bok van Blerk en Robbie Wessels die 29ste, gevolg deur Karlien van Jaarsveld, Die Broers en die Campbells die volgende dag. Kindervermaak word ook aangebied sowel as ‘n vleiswerkdemonstrasie, koekbakkompetisie en wildsveiling.

Die inskrywingsfooi per span beloop N$1 000 en die sluitingsdatum vir inskrywings is 4 Maart 2019. Vir verdere besonderhede, kontak vir Corné Kruger by 081 129 3986, of [email protected].

Sophienhof weer in Mei dié plek

Die Outjo-wildsfees word vanjaar op 3 en 4 Mei by die Sophienhof Lodge aan die C39-pad na Khorixas gehou. Mense wat stalletjies wil bespreek, moet vir Elzanne Koen by 081 421 3042 of [email protected] kontak. Vir algemene navrae, bel 081 354 8118 of 081 124 9011.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer