Dagboek vir die landbouer
Vergadering in Westelike Khomas gehou
Die Westelike Khomas-boere vergader môre om 15:00 in die Harmonie BV-saal. Vir verdere besonderhede, kontak vir Amanda Greef by 081 446 2858 of [email protected].
Leer van veeteelt op Tsumeb
Agra ProVision bied môre en Donderdag ‘n veeteelt-kursus op Tsumeb aan. Die kursus vind plaas van 08:00 – 16:30 en die koste beloop N$2 000 per persoon. Temas wat bespreek sal word, is voeding, inentings, vitamiene-aanvullings ensovoorts. Vir verdere besonderhede, kontak Agra ProVision by 061 2909208, of [email protected].
Dordabissers, onthou dié datum
Hierdie boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 7 Februarie om 14:00 in die BV-saal. Die gassprekers is ‘n afgevaardigde van Ellies Electronis asook Gerlinde Lühl wat oor die wapenwet sal praat. Kontak vir Christine Romeis by 061 231230, of [email protected] vir meer inligting.
Summerdowners vergader ook
Hierdie BV hou ‘n ledevergadering op 13 Februarie om 15:00. Kontak vir Rienie du Plessis by 062 561621 of [email protected].
NLU AgriBraai kom hoofstad toe
Die jaarlikse NLU AgriBraai, ‘n hoogtepunt of die landbougemeenskap se sosiale kalender, word op 29 en 30 Maart by die Hage Geingob-stadium in Windhoek gehou. Buiten die interboerevereniging-braaikompetisie, tree Bok van Blerk en Robbie Wessels die 29ste, gevolg deur Karlien van Jaarsveld, Die Broers en die Campbells die volgende dag. Kindervermaak word ook aangebied sowel as ‘n vleiswerkdemonstrasie, koekbakkompetisie en wildsveiling.
Die inskrywingsfooi per span beloop N$1 000 en die sluitingsdatum vir inskrywings is 4 Maart 2019. Vir verdere besonderhede, kontak vir Corné Kruger by 081 129 3986, of [email protected].
Sophienhof weer in Mei dié plek
Die Outjo-braaifees (voorheen Outjo-wildsfees) word vanjaar op 3 en 4 Mei by die Sophienhof Lodge aan die C39-pad na Khorixas gehou. Mense wat stalletjies wil bespreek, moet vir Elzanne Koen by 081 421 3042 of [email protected] kontak. Vir algemene navrae, bel 081 354 8118 of 081 124 9011.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie