Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
MEATCO SE JAARVERGADERING TOT FEBRUARIE UITGESTEL

Meatco het sy 34ste algemene jaarvergadering tot 19 Februarie uitgestel.

Dit sal by die Namibië Instituut van Openbare Administrasie en Bestuur (Nipam) in Olympia plaasvind.

Slegs geregistreerde lede mag dit bywoon en stem oor besluite.

Meer inligting volg binnekort.



NLU se AgriBraai

vind oor 2 maande plaas

Die 2021 NLU AgriBraai word op 26 en 27 Maart op Mariental by die skougronde gehou. Met die tema “Kampvuur-legendes” wil Uhlenhorst BV legendes in die boeregemeenskap huldig.

Boereverenigings kan spanne op die webtuiste (www.nluagribraai.com) of per e-pos ([email protected]) inskryf.

Vir navrae, kontak Hoekus van Niekerk by 081 294 4676 of

[email protected], of Corrine van Wyk by [email protected] of 081 358 2299.



Duitse handelskou

in SA aangebied

Die Suid-Afrika/Duitsland Kamer van Koophandel en

Nywerheid bied in Oktober vanjaar die handelskou, Messe München,

in Suid-Afrika aan.

Dit is sub-Sahara-Afrika se voorste

handelskou vir konstruksie, mynwese, landbou- en bosboumasjiene asook masjinerie en voertuie.

Vir meer inligting oor Messe München of om daar uit te stal, besoek die webwerf by https://messe-muenchen.de/en/.

Vir meer inligting kontak Katrin Geisler by + 27 11 4862780 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer