Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Leer by Agra ProVision van pluimvee

'n Intensiewe pluimveeproduksiekursus vind van 22-24 September in Windhoek plaas en kos N$3 200. Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].



Otjiwarongo BV ondersoek herlewingsboerdery

Die uitgestelde vergadering oor die herlewingsplan vir lewendehaweproduksie vind nou op 6 Oktober op die plaas ­Buffelhoek plaas. Die program begin om 08:00 en die aanbieder is mnr. Colin Nott. 'n Veldbesoek word om 11:00 aangebied en die program sluit om 16:00 af. Dit kos N$200 per persoon waarby ontbyt, middagete en koffie ingesluit is. Kontak vir Johan Pieterse by 067 303 315 of [email protected].



Swakarabedryf vergader op Keetmanshoop

Dié bedryf se jaarvergadering vind op 6 Oktober vanaf 08:30 tot 16:00 by die Schutzenhaus Hotel op Keetmanshoop plaas. Vanjaar word geen aandfunksie gehou nie. Vir verdere besonderhede, kontak Jenny Körner by 061 290 9311, [email protected] of Diolene Truter by 063 223321, [email protected].



Boere van Westelike ­Khomas kom byeen

Hierdie boerevereniging hou 'n vergadering op 21 Oktober om 14:00 in die BV-saal by Harmonie. Vir meer inligting kontak vir Amanda Greeff by 081 259 6108 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer