Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Hartebeestloop maak weer so

Onthou die Bonsmara-boeredag en -veiling op 17 en 18 Mei buite Stamp­riet op die plaas Hartebeestloop van dr. Joggie Briedenhann.

Tydens die boeredag sal die kwessie van genomika in beesvleisproduksie, hoe om die mas op te kom ná 'n droogte en optimale groei by beeste bespreek word. Besoek www.bonsmara.com.na vir foto's en beskrywings van die bulle wat opgeveil gaan word.



Hoërand vier 60 jaar

Die Hoërand BV vier sy 60ste bestaansjaar vanaf 25 – 27 Mei by Sandrücken (plaas Witdam van Johnny Hanekom) in die Maltahöhe-distrik. Daar word met ­Landrovers en ander 4x4-voertuie rondgery en die eerste roete word gery op 25 Mei vanaf 10:00 – 17:00. Die tweede roete pak die deelnemers op 26 Mei vanaf 10:00 – 17:00 aan.

Verder is daar 'n jukskeikompetisie, storievertel-kompetisie, bergfietsry en nog vele meer. Die 25ste word met 'n vleisbraai, dans en kuier afgesluit en die 26ste met 'n lambraai en dans. Vir akkommodasie word 'n tentedorp opgerig en die koste beloop, saam met die etes, N$1 100 per gesin.

Vir meer inligting en besprekings, kontak Herman Coetzee, 081 122,7158, Bartie Burger, 081 379,2626, Maryka Truter, 081 262,4146, of Hein Knipe by 081 734 6137. Fesia Truter sal inligting oor verblyf kan verskaf, 081 498 5208 of [email protected].



Onthou die AgriBraai-saamtrek op Gobabis

Die NLU AgriBraai-­kompetisie wat op 25 en 26 Mei deur die ­Kalahari-Oos Boerevereniging by die Gobabis-skougronde aangebied word, is 'n móét. Die tema is “Cattle Country Cowboy” en op 26 Mei om 12:00 word 'n wildveiling gehou. Vir verdere besonderhede, kontak 081 261 2838 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!