Dagboek vir die landbouer
AgriTech help slyp boere se kennis
AgriTech bied Saterdag op Rundu 'n lewendehaweproduksie-slypskool vir boere aan. Hidrofoniese voerproduksie vir diere en wurmboerdery vir pluimvee- en varkboere sal bespreek word. Dit duur van 09:00 tot 16:15 en kos N$700 per persoon. Kontak AgriTech by 081 561 5044 of [email protected] vir meer inligting.
Boere moet dieregesondheidsverklarings onthou
Vanweë die erns van die saak, herinner die Vleisraad lewendehaweprodusente opnuut daaraan om enige uitstaande dieregesondheidsverklarings onverwyld by die direktoraat veeartsenydienste (DVS) in te dien. Die afwesigheid van so 'n verklaring op rekord kan lei tot die sluiting van 'n plaas vir die bemarking van diere.
Verbeter jou kennis oor weiding
Grootfontein BV bied op 22 Junie 'n inligtingsdag oor droogte-aangepaste weiding aan wat om 08:00 afskop.
Dit word aangebied op die plaas Venus van Klaas Malan. Om 10:30 sal 'n ontbossingdemonstrasie op Plaas Ossa plaasvind waarna middagete in die BV-saal bedien word. Die sprekers is dr. Cornelis van der Waal, Colin Lindeque, Peter Zensi en Dawie Kok. Die dag word met 'n braai afgesluit. Registrasie beloop N$100, waarby alle etes ingesluit is. Meld aan by Madelein by 081 242 5456, of Beulah by 081 233 8114.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie