Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
MALTAHÖHE BV

Die Maltahöhe Boerevereniging kom môre om 10:00 op die plaas Kachauchab van Christian en Theone Otte byeen. Die tema vir die dag is “Boerderypraatjies – Wat werk vir my”, waar Christie van der Merwe sal vertel hoe hy sy kampe elektrifiseer. Leon Lubbe en Bartie Burger gaan oor weidingverbetering ná die lang droogte gesels. Meld aan by Christian Otto by [email protected] of by die sekretaris by [email protected].

KAISERSTRAAT BV

Die Kaiserstraat Boerevereniging vergader môre om 17:00 in die NLU se raadsaal in Windhoek. Almal is welkom. Kontak Gerda van der Westhuizen by 081 127 2806 vir meer inligting.

KARIBIB BV

Die Karibib Boerevereniging hou op 27 Maart om 16:30 sy algemene jaarvergadering op die plaas Gamikaub van Cash van Wyk. Die program begin vroeër om voorsiening te maak vir die aandklokreël om 22:00. Alle lede word versoek om dit by te woon. Vir verdere navrae, kontak Doris Gladis by [email protected].

AKKERBOUERS SE JAARVERGADERING OM DIE DRAAI

Die Akkerbouprodusentevereniging (APV) hou op 14 April sy jaarlikse

ledevergadering op Grootfontein. Dit word deur ’n inligtingsessie gevolg. Meer inligting hieroor sal aan lede gestuur word.

FEEDMASTER HOU ’N VELDBEESDAG

Moet nie die inligtingsdag oor veldbeeste op 13 April by die Agra Ring en Windhoek, en op 15 April by C’est si Bon-hotel op Otjiwarongo misloop nie. Dr. Joggie Briedenhann is een van die sprekers. Dit word deur Feedmaster aangebied. Bel Dawid Krause by 081 124 9415 vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!