Dagboek vir die landbouer
Miniskou op Grootfontein
Op Dinsdag 18 Mei 2021 vind 'n inligtingsdag en miniskou op Grootfontein plaas. Die GTO-streekslandbou-unie is die gasheer. In 'n geskiedkundige eerste word die fossiele wat in die streek voorkom, bespreek. Aktuele sake soos die veeartsenykordonheining, Vleisraad-heffings, Meatco, omgewingsklaringsertifikate en verbeterde kommunikasietegnologie word deur kundiges onder die loep geneem. Allerlei stalletjies kan besigtig word. Meld aan by Christine by 081 244 6034, of Madelein by 081 242 5456.
Hochfelders hou vergadering
Die Hochfeld Boerevereniging hou op 19 Mei 'n ledevergadering, gevolg deur 'n “Cattle, Game & Corn Day” met wenke oor droëland-mielieverbouing en moderne tegnologie vir boerderye. Dit begin om 10:00 op plaas Etemba van die Fietz-familie. Die sprekers is Paul Klein, dr. Martin Wucher en Ebbi Fischer. Meld asb. aan by Birgit Groenewald by [email protected].
Inligtingsdag oor optimale reproduksie
Omkring solank dié datum. Op 21 Mei word 'n inligtingsdag in die Stampriet Boereverenigingsaal aangebied onder die tema: “Optimale reproduksie en groei vir maksimum wins”. Die program begin om 09:00 en verskeie interessante sprekers sal aan die woord wees. Dr. Louis du Pisanie se praatjie sal boere wys hoe om in harmonie met sy plaas te boer en maksimum wins te maak. Die ander sprekers sal oor reproduksie as die sleutel tot sukses gesels. Rumenwerking, kruipvoeding en alternatiewe groeibevorderaars, asook dieregesondheid is van die ander temas.
Die registrasiefooi beloop N$200. Kontak Izna Kotze by 081 695 2911 ([email protected]), of Maretha Burger by 063 242 142 ([email protected]).
Westelike Khomas se lede ook byeen
Westelike Khomas Boerevereniging hou op 26 Mei om 15:00 'n ledevergadering in die Harmonie-saal. Om aan te meld of 'n spreekbeurt te bekom, bel die organiseerders by 081 259 6108 of 081 125 0000.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie