Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Leer van veeteelt op Outjo

Agra ProVision bied vandag en môre ‘n veeteeltkursus op Outjo aan. Die kursus duur van 08:00 – 16:00 en beloop N$2 330 per persoon. Sake wat bespreek sal word, is onthoring, voeding, inentings en nog meer. Vir verdere besonderhede en om in te skryf, kontak Agra ProVision by 061 2909208 of [email protected].

Osire-Waterberg vergader

Hierdie boerevereniging vergader vandag om 15:00 in die BV-saal. Die gassprekers is dr. Louisa Richmond-Coggan en Johan Schoonbee van Standard Bank Namibia. Kontak vir Natasha McLoud by 067 303390, of [email protected].

Witvlei gaan herorganiseer

Die Witvlei BV hou sy lede- en herorganiseringsvergadering môre om 15:00 in die boerehuis. Na afloop van die vergadering sal die spesiale feesvieringe vir die 60ste herdenking van die boerehuis plaasvind. Kontak vir Renda Grobbelaar by 081 304 1299, of [email protected].

Boeredag op Dordabis

Die Dordabis BV hou Donderdag ‘n herorganiseringsvergadering en boeredag wat om 08:00 op plaas Elisenhöhe van die Biederlacks begin. Drs. Joggie Briedenhann, Louisa Richmond-Coggan tree op en Albert Mills sal ‘n hommeltuig se werking demonstreer. Kontak vir Christine Romeis by 061 231230, of [email protected].

Meesterakkerbouerdag by Summerdown gehou

Die Akkerbouprodusentevereniging (APV) hou sy jaarlikse ledevergadering en meesterakkerbouer-inligtingsdag Donderdag in die BV-saal op Summerdown.

Die vergadering begin 08:30 en die inligtingsdag volg om 13:00. Die tema is “Daar is hoop! ‘n Nuwe benadering tot verlaagde insetkostes”. Die meesterakkerbouer van 2018, Elize van Niekerk, sal ook aan die woord wees. Die dag word afgesluit met ‘n veldbesigtigingstoer van haar plaas, gevolg deur ‘n heerlike saamkuiergeleentheid wat deur die Summerdown Boerevereniging aangebied word.

Die hoofborg vir die dag is Namib Mills en die medeborge is Agra en Agrigro. Meld asseblief aan deur ‘n e-pos te stuur na [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer