Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
KALKFELD SE LEDE VERGADERING

Kalkfeld BV houmôre om 08:00 vir 08:30 ’n ledevergadering op die plaas Helenenhof. ‘n Plaasbesigtigingstoer word aangebied en die dag word met ‘n braai afgesluit. Meld voor 6 November by me. Gudrun Groenewaldt aan by 081 668 4726 of [email protected]. Verdere navrae kan aan me. Silke von Gossler gerig word by 081 149 0887 of [email protected].

DORDABISSERS BYEEN

Dordabis BV se lede vergader Donderdag om 10:00 in die BV-saal. Die gasspreker is mnr. Bennie Beukes van die Karubeams Misdaadvoorkomingsforum. Kontak vir Christine Romeis by 061 231230, of [email protected].

SLAGKURSUS AANGEBIED

‘n Slagkursus vir werkers in die jag-, slag- en vleisverwerkingsbedryf word vanaf 19 – 23 November aangebied en sal van 26 – 30 November herhaal word. Dit sal die teoretiese kennis en die praktiese implementering daarvan soos die sny van die karkas, die maak van word en die verplakking van vleis behels. Die praktiese gedeelte word by die nuut geboude slaghuis op plaas Krumhuk angebied en die teoretiese opleiding by die konferensiegeriewe van die Waldorf Skool in Windhoek.

Die opleiding word deur kenners in die onderskeie velde aangebied. Na afloop van die opleiding word sertifikate aan deelnemers uitgereik.

Die koste beloop N$1 500 persoon en deelnemers is self verantwoordelik vir akkommodasie in Windhoek. Vervoer van die Waldorf Skool na die plaas sal gereël word. Vir verdere besonderhede kontak vir Clemens Voigts by 081 8150661, of [email protected].

MALTAHÖHE HOU OOK LEDEVERGADERING

Maltahöhe BV hou op 23 en 24 November ‘n ledevergadering en jaarafsluiting by Büllsport. Op 23 November begin die program om 09:00 en die sprekers is me. Nicole Grünhert, wat oor die geologie van die Naukluft sal praat, en mnr. Peter Bridgeford, wat oor die voëls van dié park gaan gesels. Om 18:00 word ‘n wynproe aangebied en ‘n chilli con carne-potjie gemaak, met DJ Stefan Peim wat vir die musiek sal sorg. Toegang vir nielede beloop N$200.

Op 24 November om 07:00 word met ‘n ontbyt afgeskop en om 08:00 word ‘n 4x4-toer op die Naukluft-plato aangebied. Die dag word om 18:00 met ‘n braai, musiek en dans afgesluit.

Om verblyf by Büllsport te reël, stuur ‘n e-pos aan [email protected]. Vir verdere besonderhede, kontak mnr. Ernst Sauber, (081 149 4963 of [email protected]).

DAGBOEK DIE KARIBIB-VERGADERING

Karibib se boerevereniging hou op 24 November om 17:00 ‘n vergadering by Etusis Lodge. Verblyf is by Etusis Lodge beskikbaar. Kontak me. Monica Kesslau by [email protected]. Vir verdere besonderhede, kontak me. Doris Gladis (081 127 2180 of [email protected]).

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer