Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Agra ProVision bied

dié kursusse aan

1. 'n Kursus in plaasinfrastruktuur word vandag en môre op Mariental aangebied. Water infrastruktuur, krale, plaaspaaie, ens. sal bespreek word. Die koste beloop N$2 330 per persoon.

2. Die kursus in basiese plaasbestuur vind vanaf 19 – 22 Februarie in Windhoek plaas. Die impak van ­behoorlike weidingsbestuur, arbeid, die belangrikheid van ­rekordhouding, ens. sal bespreek word en die koste beloop N$3 070 per persoon.

Vir meer besonderhede oor hierdie kursusse, kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].



Dordabis se lede vergader

Hierdie boerevereniging hou Donderdag 'n ledevergadering om 14:00 in die BV-saal. Die gasspreker is mnr. Michael Bronkhorst van Alexander Forbes en hy sal gesels oor versekering vir boere en 'n spaarplan vir plaaswerkers. Kontak vir Christine Romeis by 061 231 230, [email protected].



Vergadering op die

plaas Kroonster

Die Omuramba BV hou 'n vergadering op 13 Februarie om 15:00 op die plaas Kroonster by Gobabis. Kontak vir Jolandie Steyn by 081 745 2069, [email protected].



NLU hou ope dag op Gobabis

Die Gobabis SLU bied op 27 Februarie om 08:00 'n NLU ope dag aan by die Omateko Lodge op pad na Buitepos. Registrasie begin om 07:00 en die inskrywingsfooi is N$50 per persoon. Na afloop van die vergadering word daar in die namiddag 'n LTR2-kursus aangebied waar mnr. Johan de Jager die spreker sal wees. Meer inligting hieroor sal binnekort bekend gemaak word. Kontak vir Willem Boshoff by 081 241 1740, [email protected].



Toekoms van vleisproduksie onder die loep

Mariental se SLU bied op 28 Maart vanaf 07:30 'n motiveringsdag onder die tema “Die toekoms van vleisproduksie”. Verdere besonderhede kan verkry word van Antoinette Burger by 063 293 330, 081 284 2744 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer