Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Otjiwarongo-boere vergader vandag

Hierdie boerevereniging hou sy jaarvergadering vandag om 09:00 in die NG kerksaal. Kontak vir Maureen Laubscher by 067 306250 of [email protected].

By Kalkfeld word óók vergader

Kalkfeld BV hou ‘n ledevergadering vandag om 08:30 op die plaas Eremutua van Ortwin en Silke von Gossler. Kontak vir Silke von Gossler by 067 290119 of [email protected].

Maltahöhe se lede vergader môre

Onthou die ledevergadering wat môre om 10:00 op die plaas Hoogtevrede van Oubaas Klein en sy gesin plaasvind. Die sprekers Roelie Venter, uitvoerende bestuurder van die NLU, en die vervaardigers van Suncycles Namibia wat oor e-mobiliteit sal praat. Vir meer inligting, bel vir Ernst Sauber, 081 149 4963, of stuur ‘n e-pos na [email protected].

Keetmans se streeksunie kom byeen

Die Keetmanshoop SLU hou Donderdag om 08:00 ‘n vergadering by die Central Lodge op die dorp. Dr, Louisa Richmond-Coggan, ekologiese konsultant wat die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha) sal terugvoer gee oor die nasionale luiperdsensus. Kontak vir Ernst Blaauw, [email protected], of Amelia van Rooyen, [email protected], vir meer inligting hieroor.

Veiligheid op Hochfeld onder die loep

Die Hochfeld BV hou ‘n ledevergadering op 20 Maart in die Hochfeld Agri Boereverenigingsaal. Die tema vir die dag is “veiligheid”, en Steven Lochner van TSU Africa en Bernhard Ackermann van Ondjou Fencing is die gassprekers. Kontak gerus vir Bianca Marggraff by 081 300 7584 of [email protected].

Epukiro-boere, onthou dié datum

Hierdie boerevereniging vergader op 20 Maart om 15:00 op die plaas Strumfeld van Jurie en Monika Wiesner. Sprekers van Voermeester, Nampower en Bank Windhoek sal by dié geleentheid optree. Bel vir CJ Jacobs by 062 567471 ([email protected]), of vir Faan Beukes by 062 568054. Laasgenoemde se e-pos-adres is [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer