Dagboek vir die landbouer
Meesterakkerbouerdag by Summerdown gehou
Die Akkerbouprodusentevereniging (APV) hou sy jaarlikse ledevergadering en meesterakkerbouer-inligtingsdag op 19 April op Summerdown in die BV-saal.
Die vergadering begin 08:30 en die inligtingsdag volg om 13:00. Die tema is: “Daar is hoop! ‘n Nuwe benadering tot verlaagde insetkostes”. Verskeie sprekers sal optree, onder wie die meesterakkerbouer van 2018, Elize van Niekerk. Die dag word afgesluit met ‘n veldbesigtigingstoer van haar plaas, gevolg deur ‘n heerlike saamkuiergeleentheid wat deur die Summerdown Boerevereniging aangebied word.
Die hoofborg vir die dag is Namib Mills en die medeborge is Agra en Agrigro. Meld asseblief aan deur ‘n e-pos te stuur na [email protected].
Leer van veeteelt op Outjo
Agra ProVision bied op 17 en 18 April ‘n veeteeltkursus op Outjo aan. Die kursus duur van 08:00 – 16:00 en kos N$2 330 per persoon. Sake wat bespreek sal word, is onthoring, voeding, inentings en nog meer. Vir verdere besonderhede en om in te skryf, kontak Agra ProVision by 061 2909208 of [email protected].
Kursus vir Van Rooy-telers aangebied
Die Van Rooy-skaaptelersgenootskap van Namibië bied van 23 – 25 April ‘n slypskool by die Namboer-veilingskrale in Windhoek aan. Op 23 April begin ‘n telersdag om 08:00, op 24 April skop ‘n junior kursus om 08:00 af en om 14:00 ‘n junior en senior kursus (prakties), vir 25 April om 11:00 is ‘n junior en senior eksamen geskeduleer, om 14:00 vind ‘n skouvoorbereidingspraatjie plaas en om 15:00 kom ‘n keurder- en beoordelaarskursus aan die beurt. Die koste beloop N$500 per persoon en is by registrasie betaalbaar, wat op 24 April om 07:30 geskied. Kontak vir Linda Sterkenburg by 061 252994 (soggens alleenlik) of stuur ‘n e-pos na [email protected].
Hochfeld se lede vergader
Hierdie boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 25 April om 15:00 in die Hochfeld Agri-boereverenigingsaal. Dr. Louisa Richmond-Coggan, wat die nasionale luiperdsensusprojek bestuur, is die gasspreker. Kontak vir Bianca Marggraff by 081 300 7584 of [email protected].
Op Leonardville trek lede ook saam
Leonardvillers moet die ledevergadering onthou wat op 26 April om 17:00 in die BV-saal plaasvind. Kontak vir Johannie Brenkman by 081 122 4178 of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie