Dagboek vir die landbouer
Maltahöhe se lede kom byeen
Hierdie boerevereniging hou môre om 09:00 'n ledevergadering op die plaas Ababis van die Schulze-Neuhoff-familie. Slangkenner Francois Theart gaan oor slangbyte gesels en Adeva gaan sy Sweet Dreams-produkte bekend stel. Kontak Ernst Sauber by 081 149 4963 of [email protected].
Hochfeld-lede vergader
Hochfeld BV hou 'n ledevergadering môre om 14:00 in die Hochfeld Agri BV-saal. Die gassprekers is Richard Lowe van IT Choice, Manfred Engling van Q-Kon Namibia en Reinhard Rothkegel van Radio Electronics. Bianca Marggraff by 062 504 211 of [email protected] het meer inligting.
Leer meer van veeteelt
Agra ProVision bied môre en Donderdag 'n veeteeltkursus in Windhoek aan. Dit duur daagliks vanaf 08:00 tot 16:30 en kos N$2 000 per persoon. Voerbenodighede en inentings sal onder meer bespreek word. Kontak Agra ProVision by 061 290 9208 of [email protected].
Jaarvergadering vir Keetmansstreek se boere
Die Keetmanshoop SLU hou sy jaarvergadering Donderdag om 08:00 by die Central Lodge op dié dorp. Jurie Booysen van Camel Thorn Petroleum Services (CTPS) is die gasspreker. Rig navrae aan Ernst Blaauw by [email protected] of Amelia van Rooyen by [email protected].
Basiese kursus in holistiese bestuur
'n Grondleggingskursus in holistiese bestuur word vanaf 15 tot 17 Maart op Plaas Krumhuk, 25 km suid van Windhoek, aangebied. Leer onder meer om die water- en voertekorte op jou plaas te bestuur en hoe om in hierdie verband te beplan. Dit kos N$3 200 per persoon en N$5 200 vir twee mense. Kontak Wiebke Volkmann by 081 127 0081 of [email protected].
Jaarvergadering op Karibib
Hierdie boerevereniging hou sy jaarvergadering op 16 Maart om 17:00 by Plaas Abbabis van die Gladis-familie. Kontak Doris Gladis by 061 237 400 of [email protected] vir meer inligting.
Noodafronding op boeredae aangebied
Nutri Feeds en Agra gaan saam boeredae aanbied met wenke oor watter veevoer en lekke gebruik kan word om midde-in die droogtekrisis vee so vinnig as moontlik markgereed te maak. Sekere van dié veevoervervaardiger se produkpryse is reeds verlaag. Op 18 Maart vind die boeredag op Otjiwarongo by Agra se veilingskrale plaas en op 19 Maart op Grootfontein, ook by Agra se veilingskrale. Beide geleenthede begin om 09:00. Op 20 Maart om 10:00 kan boere in die sentraal-oostelike dele van land die boeredag op Ongongoro bywoon. Vir meer inligting, kontak Tobie le Roux by 081 127 2841.
Pluimveeprodusente in Windhoek byeen
Die Pluimveeprodusentevereniging (PPV) hou op 20 Maart sy ledevergadering en 'n inligtingsdag by die NG Kerk-saal in Diazstraat, Suiderhof. Die vergadering begin om 08:30 en die inligtingsessie om 10:00. Die hoofspreker is Avimune se dr. Frank Travers, wat oor pluimveesiektes, inentingsprogramme en biosekuriteit sal praat, met spesiale klem op voëlgriep. Ander sprekers sluit in dr. A. Klingelhoeffer en verteenwoordigers van Namibia Poultry Industries en Feedmaster. Diegene wat die dag wil bywoon, kan vir Rina Hough 'n e-pos na [email protected] stuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie