Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Elvira Hattingh
Epukiro Boerevereniging ­vergader

Epukiro Boerevereniging hou 'n algemene vergadering op 16 Junie om 10:00 op die Beukesse se plaas Hippo. Sprekers sluit in 'n afgevaardigde van NamPower, en daar sal ook oor plaasveiligheid gepraat word. 'n Vuurwapen-hanteringskursus word vir vrouens aangebied. Verdere navrae kan aan 081 301 0286 of [email protected] gerig word.



Simmentaler-promosiedag

'n Simmentaler-promosiedag word op 16 Junie om 10:00 op die plaas ­Otjisauna in die Windhoek-­omgewing gehou. Die tema is “Die waarde van Simmentalers in kruis­teling” en die sprekers is mnre. Dawid Krause, Roelie Venter en Kiep le Pen. Meld voor 8 Junie by [email protected] aan. Verdere navrae kan aan Eddie Stone by 081 144 2388 of Tertia Stone by 081 2489 543 gerig word.



Seeis hou ledevergadering

Seeis Boerevereniging hou 'n ledevergadering op 20 Junie om 15:00 in die boereverenigingsaal op die plaas Otjihaenena. Gassprekers sluit in die NLU se president, mnr. Ryno van der Merwe, asook die NLU se uit­voerende bestuurder, mnr. Roelie Venter. Vir meer inligting, kontak mnr. ­Diethelm Metzger by 081 128 9017 of [email protected].



Hochfeld hou ­vergadering

Hochfeld Boerevereniging hou 'n ledevergadering op 20 Junie om 09:00 op Heiko Binding se plaas ­Okowiruru-Süd. 'n Wilddag word direk ná die ledevergadering om 11:00 aangebied. Vir verdere besonderhede, skakel Bianca Marggraff by [email protected] of 081 300 7584.



Witvlei hou ledevergadering

Witvlei Boerevereniging hou 'n ledevergadering op 20 Junie om 14:00 in die Boerehuis op Witvlei. Steven Lochner van TSU Protection Services sal 'n praatjie aanbied oor die beginsels van selfbeskerming en hoe dit in verskillende omgewings toegepas kan word – insluitende op die plaas. Daar word ook geraak aan die konsep van morele bekommernisse en die wet. Vir verdere inligting, kontak Renda Grobbelaar by 081 304 1299.



Kalkfeld se Agri-megadag

Kalkfeld Boerevereniging hou 'n Agri-megadag op 21 Junie op Ekundi Farming se plaas Klein Otjikango-Ost. Vanjaar gaan 'n nuwe kategorie bygevoeg word, naamlik “boerepatente van enige aard”. Die gasspreker is mnr. Peter Zensi. Registrasie kos N$150 per persoon, wat 'n Meatco-steakbraai vir middagete insluit. Verdere inligting is beskikbaar op 081 328 8235 of [email protected].



Aranos ledevergadering

Aranos Boerevereniging hou op 21 Junie om 16:00 hul volgende ledevergadering. Tydens die ­geleentheid sal dr. Tom Tolmay ('n voor­malige staatsveearts) en Chris van Lill (­landbou-voorligtingsbeampte) praatjies aanbied. Kontak Jannie Booysen by 063 272 434 of [email protected], of Riëtte Coetzee by 081 240 4355 of [email protected] vir verdere inligting.



Meatco jaarvergadering

Meatco hou sy jaarvergadering op 22 Junie om 09:00 by die Wanderers-sportklub in Pionierspark, Windhoek. Verdere besonderhede kan verkry word by Meatco se hoofkantoor by (061) 321 6400.



Suiwelprodusente­vereniging hou prysuitdeling

Die Suiwelprodusentevereniging van Namibië hou 'n jaarvergadering op 17 Julie. Dit word voorafgegaan deur 'n galadinee op 16 Julie, waar die top- suiwelprodusente van die jaar aangewys word. Die verrigtinge vind by die Xain Quaz-gastehuis buite Gobabis plaas. Sprekers op die jaarvergadering sluit in mnr. Alex Jenkins van Chemunique, wat praat oor voeding en die praktiese bestuur van 'n suiwelkudde, asook mnr. Jompie Burger, wat terugvoering sal gee van 'n samevattende verslag oor die voedselveiligheid-assessering van melkplase in Namibië.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!