Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Seeis se boere vergader môre

Hierdie boerevereniging hou môre ‘n ledevergadering wat om 15:00 in die BV-saal op plaas Otjihaenena plaasvind. Die gassprekers is die president van die NLU, Ryno van der Merwe en dié landbou-unie se uitvoerende bestuurder, Roelie Venter. Kontak vir Diethelm Metzger by 081 128 9017 of [email protected].

Hochfeld se lede ook byeen

Net so vind daar ook môre 09:00 op die plaas Okowiruru-Süd van Heiko Binding by Hochfeld ‘n ledevergadering van die boerevereniging plaas. Om 11:00 word dit deur ‘n wilddag opgevolg waar Freddie Dreyer, dr. Christian Lichtenberg, Theo van Wyk en Dean van Dyk die gassprekers sal wees. Registrasie vir die wilddag beloop N$100 per persoon waarby die etes ingesluit is. Vir verdere besonderhede, kontak vir Bianca Marggraff by [email protected] of 081 300 7584.

Witvlei ondersoek selfbeskerming

Hierdie boerevereniging se lede vergader môre om 14:00 in die Boerehuis op Witvlei. Steven Lochner van TSU Protection Services sal as gasspreker optree. Die praatjie handel oor die beginsels van selfbeskerming en hoe ons dit toe te pas op plase. Morele bekommernisse en die wet sal ook bespreek word. Kontak gerus vir Renda Grobbelaar by 081 304 1299.

Kalkfeld bied Agri Megadag aan

Donderdag vind die Kalkfeld Agri Megadag op Klein Otjikango-Ost van Ekundi Farming plaas. Boerepatente word vanjaar ook ten toon gestel. Die bekende Suid-Afrikaanse boer Peter Zensi is die gasspreker. Bywoning kos N$150 per persoon wat ‘n Meatco-steakbraai vir middagete insluit. Kontak 081 328 8235 of [email protected] vir meer inligting.

Aranossers vergader Donderdag

Hierdie boerevereniging vergader Donderdag om 16:00 en dr. Tom Tolmay (voormalige staatsveearts) en Chris van Lill (landbou-voorligtingsbeampte) sal as sprekers optree. Na afloop van die vergadering in die BV-saal, gaan daar gekuier word. Kontak vir Jannie Booysen (063 272434 / [email protected]) of Riëtte Coetzee (081 240 4355 / [email protected]) vir verdere besonderhede.

Onthou Meatco se jaarvergadering

Meatco se jaarvergadering vind Vrydag om 09:00 by die Wanderers Sport Klub in Pionierspark plaas. Lede kan 061 321 6400 kontak vir meer besonderhede.

Kaas- en kos op Omaruru gevier

Die National Cheese & Artisan Food Festival vind die naweek op Omarurur plaas. Verskeie kase, deli-produkte en gebak sal uitgestal en beoordeel word. Kontak vir Tinkie Cornelissen by 081 211 5135 of [email protected].

Speenkalf- en vleisdag op Grootfontein

Die Grootfontein Boerevereniging en Streekslandbou-unie bied op 26 Junie ‘n ope speenkalfkompetisie en vleisdag by die skougronde aan. Om 08:00 vind die evaluasie van die kalwers plaas. Registrasie begin om 14:30 en om 15:00 word die Wagyu-beesras bekend gestel. Die Vleisraad gaan praat oor die toekoms van slagbeesproduksie en bemarking in die . Om 18:45 is die prysuitdeling en om 19:00 vind ‘n steakbraai plaas.

Die speenkalwers word reeds op 25 Junie om 14:00 by die Blaauwberg-veilingskrale afgelaai en ingeweeg en op 27 Junie word die kalwers op die Blaauwberg-veiling verkoop. Kontak vir Willem Enslin by 081 230 5078 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-03-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer