Dagboek vir die landbouer
Kry opleiding in pluimvee
Voermeester gee pluimvee-opleiding op 21 Julie op Oshakati en op 4 Augustus weer in Windhoek.. Die koste beloop N$5 550 per persoon, waarby die opleidingsmateriaal ingesluit is. Vir aanmeldings en navrae, kontak Voermeester by 081 141 0024 of [email protected].
Praktiese kursusse vir boere
Agra ProVision bied die volgende kursusse aan: Lek- en voer kursus vandag en môre op Otjiwarongo en ‘n veeteeltkursus op 24 – 25 Julie op Omaruru. Die kursusse duur van 08:00 – 16:30 en beloop N$1 900 per persoon. Vir aanmeldings en navrae kontak Agra ProVision by 061 2909208 of [email protected].
Boerbokkursus by Tsumis aangebied
‘n Boerbokkursus (junior vlak) word Donderdag by die Tsumis Landboukollege aangebied word. Dit begin om 09:00 en kos N$950, verblyf en etes ingesluit. Deelnemers sal eie beddegoed moet saambring. ‘n Senior kursus vir Boerboktelers word op 26 en 27 Julie om 11:00 op plaas Conradie van Dirk Louw aangebied. Dit kos ook N$950 per persoon. Alle inskrywings moet by die Boerboktelersgenootskap se kantoor in Windhoek gedoen word en daar is net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar. Kontak vir Linda Sterkenburg by 061 252994 of [email protected].
Grootfontein se Kuierfees lê voor
Die Grootfontein Kuierfees word op 27 en 28 Julie by Bush Babe Lodge buite Grootfontein. Op 28 Julie vind ‘n wildsveiling om 11:00 plaas. Verder kan besoekers uitsien na pretritte met perde, fietsry draf, motorsport en skietkompetisies. Uitstallers is welkom; bel 081 259 5184 om te bespreek.
Die kustenaars wat optree is Jaycee Crause en Jakkie Louw (27ste) en Karlien Husselman, Nadine Eichenberger (Switserland), Chanelle Weirsch (Switserland), Die Campbells asook Namibiese kunstenaars soos Danie Prinsloo op die 28ste.
Wagnou Boerdery bied inligtingsdae aan
‘n Kursus vir beestelers in produksiedata word op 8 Augustus op plaas Wagnou noord van Gobabis aangebied. Die koste beloop N$250 en die sprekers is Johan de Jager (Bengufarm) en Jan Schoeman (SA Beefmasters). Op 9 Augustus word ‘n senior Beefmaster-keurderkursus ook hier aangebied. Om vir hierdie kursusse te registreer, kontak vir Johan van der Merwe by 081 320 1013, 062 56 8249, of [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie