Dagboek vir die landbouer
Agra ProVision se boerderykursusse
• 24-25 Augustus: Vrybewegende pluimveeproduksie.
• 1-3 September: Kommersiële varkproduksie.
• 3-4 September Hidroponika en akwaponika.
Die eerste twee kursusse word in Windhoek aangebied en die derde een op Aranos. Kontak Agra ProVision by 061 290 9208, apvtrain[email protected].
Verrassing vir vroue by Witvlei-samekoms
Hierdie boerevereniging vergader môre om 15:00 in die boerehuis. Ter viering van vrouemaand, wag daar 'n spesiale bederf op alle vrouelede. Kontak Renda Grobbelaar by 081 304 1299, [email protected].
NLU, LPO stel kongresse uit
NLU- en LPO-kongresse wat op 6 en 7 Oktober 2020 sou plaasvind, is uitgestel. Die plan is om dit vroeg in volgende jaar te hou sodat dit voor die finansiële jaareinde (28 Februarie 2021) afgehandel is.
Die besluit is geneem as gevolg van die onsekere omstandighede wat deur die Covid-19-pandemie geskep is, en die strenger inperkingsmaatreëls. Die bestuurskomitee en uitvoerende raad van die NLU sal besin oor die hantering van dringende sake, asook die besprekingspunte wat op die kongresse sou dien, en boereverenigings daaroor inlig.
Herlewingsplan vir beesboerdery bespreek
Otjiwarongo BV vergader op 8 September op die plaas Buffelhoek en fokus op 'n herlewingsplan vir beesboerdery. Die program begin om 09:00 en die aanbieder is Colin Nott. Om 11:00 vind 'n plaastoer plaas en die program sluit om 16:00 af. Laat weet asb. voor 1 September vir Rozane Briedenhann per WhatsApp (081 250 8986) indien jy dit wil bywoon.
Kontak Johan Pieterse by 067 303 315 of [email protected] vir meer inligting.
Akkerbou- en grondbonedag ook uitgestel
Die Akkerbouprodusentevereniging en die Grondbonevereniging, wat beide by die NLU geaffilieer is, het besluit om vanweë die strenger inperkings hul ledevergadering wat op 10 September 2020 op Grootfontein sou plaasvind, uit te stel.
Vir enige navrae, stuur 'n e-pos na [email protected] of bel 061 237838.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie